Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Ons is nog briljant, sê Jos ná loesing

Daar is geen rede tot paniek in Engeland se krieketgeledere nie nadat die span die naweek die eendag-wegreeks teen Indië met 1-2 verloor het.

Só het die span se waarnemende kaptein, Jos Buttler, Maandag gesê.

Vreugde in Pune. Indië vier Sondag se eendag-reekssege (2-1) oor Engeland. Foto: Getty Images

Dit was die span se tweede reeksnederlaag nadat Australië hom verlede jaar tuis ore aangesit het.

Engeland het die afgelope klompie jare die witbalformaat van die spel oorheers en voor die Aussie-loesing nege eendagreekse op ’n streep gewen.

Engeland is ook bo-aan die Internasionale Krieketraad se ranglyste vir eendag- en T20-krieket.

Sondag se pak slae met sewe lopies teen Indië in ’n opwindende beslissende stryd laat nou vrae ontstaan of Engeland se witbal-empire besig is om te wankel.

Ons was ’n lang tyd ’n ongelooflike span, so ek sal my nie te veel aan die reeksloesing steur nie.
Jos Buttler

Buttler, wat die span in twee kragmetings oor 50 beurte teen Indië aangevoer het in die afwesigheid van die beseerde Eoin Morgan, sê egter daar is geen rede tot paniek nie.

“Ons was ’n lang tyd ’n ongelooflike span, so ek sal my nie te veel aan die reeksloesing steur nie. Ons het nou twee keer in reekse verloor, maar dis twee uit 11. Ons is steeds ’n briljante span, en wat tans gebeur, is dat ons opwindende, jong talent die geleentheid gee om hul voete op internasionale vlak te vind,” aldus Buttler.

“Dit was altyd die plan – om deurlopend die talentpoel te voer. Ons wil nie beperkings op onsself plaas deur te hou by die standaard-resep nie. Ons moet die grense verskuif, waagstukke neem en nuwe talent ontgin.”

Engeland het vroeër die toetsreeks teen Indië met 1-3 verloor en ook in die T20-been van die witbalreeks teen die tuisspan vasgeval.

Buttler sê egter gegewe die feit dat die komende T20-wêreldbekertoernooi en die Wêreldbeker (WB) oor 50 beurte in 2023 in Indië beslis word, is hy tevrede met die ondervinding wat sy span op die subkontinent opgedoen het.

“Nog baie moet gebeur voordat ons in 2023 ons WB-titel verdedig en in dié tyd wil jy leer en aanhou wen. Ja, ons is teleurgesteld met die afgelope uitslag in Indië, maar ons kyk na die groter prentjie.” – Reuters

Meer oor:  Bcci  |  Eendagkrieket  |  Jos Buttler  |  Ecb
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.