Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Ons kán draaiers speel – Parsons

Bryce Parsons, kaptein van die Suid-Afrikaanse o.19-krieketspan, sê draaiboulwerk is nie meer ’n probleem vir sy kolwers nie.

Die jong Proteas verwag ’n draaiersaanslag van Bangladesj teen wie hulle Donderdag in die kwarteindronde van die Wêreldbekertoernooi te staan kom.

Die SA o.19-kaptein, Bryce Parsons (links), en die SA Skolekaptein Luke Beaufort. Foto: IKR

Parsons se span het Saterdag hul laaste groepwedstryd teen die Verenigde Arabiese Emirate in Bloemfontein met 23 lopies volgens die Duckworth/Lewis-metode gewen om hul plek in die Superliga te bespreek.

Die jong Proteas sal die Tiere in Potchefstroom pak.

Draaiboulwerk is ná die eerste groepwedstryd in Kimberley, waarin Afganistan se draaiers amok gemaak het, as ietwat van ’n Achilleshiel van die Suid-Afrikaners beskryf.

“Ons moet aanbeweeg van gesprekke dat ons nie draaiers kan speel nie. Ons het gewys ons kan dit doen,” sê Parsons. “Met 349/8 en 299/8 in ons laaste twee wedstryde het ons gewys ons kan groot tellings kry.”

Parsons-hulle het ná die nederlaag teen die Afgane in Kimberley baie aandag aan hul kolfwerk teen draaiers gegee.

Suid-Afrika is die enigste van die agt Superliga-spanne wat sy eerste wedstryd verloor het en toe die kwarteindronde gehaal het.

“Dit wys ons het karakter, ons het mooi herstel. Ons is in die laaste twee wedstryde vir ons harde werk beloon.”

Die o.19’s wil nou voortbou op dié momentum.

Die bal het in hul eerste wedstryd in Potchefstroom vinniger deurgeskiet en Parsons sê hulle is opgewonde om terug te gaan soontoe.

“Ons het goed gekolf in die wedstryd daar teen Kanada. Ons het goeie herinneringe daar en dis nou tyd om vir die wêreld te wys wat ons kan doen.”

Hy gee toe hulle weet nie veel van Bangladesj nie. Die Tiere het eerste in hul groep geëindig nadat hul wedstryd teen Pakistan, waarin hulle diep in die moeilikheid was, uitgereën het.

Gerald Coetzee

Die voorslagbouler Gerald Coetzee kan sy terugkeer maak nadat ’n sny aan sy groottoon hom uit die laaste twee wedstryde gehou het.

“Ons is nog nie seker nie, ons dink hy sal orraait wees,” sê Parsons.

Dit het Saterdag net gelyk of ’n draaier nogmaals Suid-Afrika se ondergang gaan wees toe die VAE-kaptein,

Aryan Lakra (3/48), in sy eerste boulbeurt van albei aanvangskolwers, Jonathan Bird (43) en Khanya Cotani, ontslae geraak het.

Parsons (84, 83b) en Luke Beaufort (85, 104b) het toe met ’n derde agtereenvolgende vennootskap van

meer as 50 lopies vorendag gekom en ’n beduidende 152 lopies daargestel.

Parsons was vir die tweede agtereenvolgende wedstryd die Speler van die Wedstryd, en sy 245 lopies is die meeste tot dusver in die reeks.

Die VAE het 112/3 na 23.5 beurte gehad waarna spel ’n ruk later amptelik afgelas is.

Lakra was teleurgesteld en glo hulle het nog genoeg skietgoed gehad om te wen as dit ’n volle wedstryd was.

Superliga-kwarteindronde:

Dinsdag: Australië t. Indië (Potchefstroom);

Woensdag: Windies t. Nieu-Seeland (Benoni);

Donderdag: Suid-Afrika t. Bangladesj (Potchefstroom);

Vrydag: Afganistan t. Pakistan (Benoni).

 
Meer oor:  Benoni  |  Bangladesj  |  Suid-Afrika  |  Krieket  |  Kwarteindronde  |  Draaiers  |  Wereldbeker-Toernooi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.