Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Onsportiewe bouler word ontmasker

’n Rekenmeester is die bouler wat ’n teenstander van sy eerste honderdtal ontneem het en beweer hy was nie bewus hoe naby die kolwer aan die mylpaal was nie.

’n Bisarre voorval in ’n klubwedstryd in Engeland het opslae gemaak. Foto: Getty Images

TelegraphSport berig Dec Redwood (28) sê hy het die 23-jarige Jay Darrell om verskoning gevra nadat hy ’n foutbal-vier gegooi het om ’n Engelse klubwedstryd op “onnatuurlike wyse” te eindig en die kolwer gestrand op 98* te laat.

Redwood, wat vir die Purnell-klub speel, het vyf lopies afgestaan – die vier plus ’n foutbal – oor wat hy beskryf as “swak oordeel en ’n impulsiewe besluit” om die Minehead-klub se lopiejaagtog kort te knip.

Die voorval in die Somerset-liga se tweede afdeling is deur ’n getuie beskryf as “die ergste krieketoomblik in my lewe”, terwyl die voormalige Engelse kolwer Rob Key hom in die kommentaarhokkie by ’n Twenty20 Blast-wedstryd daaroor uitgelaat het deur te sê “Hoe gemiddeld is dit? Dit is afgryslik.”

Redwood, ’n assistentbestuurder by ’n ouditeursfirma in Bath, het homself vyf dae ná afloop van die voorval ontmasker nadat hy gestraf is met ’n skorsing van nege wedstryde.

“Ek neem volle verantwoordelikheid vir die voorval en wil beklemtoon niemand anders was bewus van my voorneme in die aanloop tot die aflewering nie,” sê Redwood in ’n verklaring.

“Ek erken dat ek swak oordeel in ’n impulsiewe besluit toegepas het wat ’n onnatuurlike einde aan ’n andersins mededingende wedstryd gebring het.

“Ek het nog nooit voor Saterdag teen Jay Darrell gespeel nie en ek was nie bewus hy was so naby aan wat sy eerste honderdtal sou wees nie.

“Hy het nie net briljant gekolf nie, maar Jay was ook baie nederig deur my aanvanklike verskoning in die kleedkamer ná die wedstryd te aanvaar en ek bedank hom daarvoor.”

Redwood sê die voorval is nie ’n ware weerspieëling van sy karakter nie en vra amptelik aan Darrell, die Minehead- en Purnell-klubs en sy spanmaats om verskoning.

Hy speel vir Purnell saam met sy broer, Nathan, en twee neefs, Lewis and Courtney Redwood.

’n Woordvoerder van die Purnell-klub sê Redwood het die Somerset-krieketliga en die sport in die geheel in oneer gebring en weer eens aan die betrokke partye verskoning gevra.

Volgens ’n Minehead-woordvoerder koester die klub “geen wrok” teen die Purnell-klub vir die hoëprofiel-voorval nie en dat die situasie op die beste moontlike wyse hanteer is.

– Sportredaksie

Meer oor:  Krieket  |  Somerset
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.