Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
‘Ontvoerde’ Stuart sê sy gesin sukkel

Die voormalige Australiese krieketspeler Stuart MacGill het sy stilte verbreek oor sy beweerde ontvoering en aanranding.

MacGill sê hy het “niks verkeerd gedoen nie” en dat die beproewing ’n vernietigende uitwerking op sy gesin het.

Stuart MacGill sê sy beweerde ontvoering het ’n vernietigende uitwerking op sy gesin. Foto: Getty Images

Die 50-jarige voormalige bybreekbouler is na bewering op 14 April naby sy huis in Sydney ontvoer. Hy is na die buitewyke van die stad geneem waar hy glo aangerand en met ’n vuurwapen gedreig is.

MacGill is ’n uur later vrygelaat en geen losprys is betaal nie.

Die polisie in Nieu-Suid-Wallis het vier mans vir die voorval aangekla, insluitende die broer van MacGill se lewensmaat, Maria O’Meagher. Die polisie sê drie ander mans word ook gesoek in verband met die voorval.

MacGill het vyf dae gewag voordat hy die voorval aangemeld het, maar volgens die polisie was hy “geheel en al” ’n slagoffer.

“Ek weet ek het niks verkeerd gedoen nie, Maria het niks verkeerd gedoen nie. Dit is mense se eie saak as hulle my en die polisie se weergawe van gebeure betwyfel,” sê hy.

Volgens die polisie het MacGill voor die beweerde ontvoering sy lewensmaat se broer aan ’n berugte dwelmhandelaar voorgestel. Die polisie ken dié handelaar as “Sonny”.

MacGill, destyds ’n bestuurder by ’n restaurant in Sydney wat deur sy lewensmaat besit is, sê hy en O’Meagher het uit die aard van hul werk “gereeld” mense aan mekaar by die restaurant voorgestel.

“Ons beskou onsself as die onskuldige party in hierdie geval. ’n Groot deel van die gasvryheidsbedryf is om te verseker die atmosfeer is reg en mense geniet mekaar se geselskap,” sê hy.

Dié restaurant het vandeesmaand gesluit en MacGill, ’n pa van twee, sê vriende het hom in die steek gelaat.

“My gesin het seergekry en ek besef baie mense weet nie werklik wat aangaan nie,” sê hy.

“Maar ek kan albei van ons (O’Meagher) in dieselfde bootjie plaas, ons weet ook nie wat aangaan nie.”

– Reuters

Meer oor:  Toetskrieket  |  Ontvoering  |  Sydney  |  Stuart Macgill  |  Ontvoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.