Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Oostelikes, KZN Binneland klop Oos-Kapenaars
Grant Roelofsen van KZN Binneland het sy span Maandag met ’n skitterbeurt tot in die eindstryd van die Provinsiale T20-kompetisie gehelp.Foto: Gallo Images

Oostelikes en KwaZulu-Natal se Binneland spook sake Dinsdagoggend op Willowmoorepark in Benoni uit om Krieket Suid-Afrika (KSA) se Provinsiale T20-kroon.

Dié twee spanne het Maandag op dieselfde veld met die twee Oos-Kaapse spanne, Grens en die Oostelike Provinsie, klaargespeel in die halfeindstryde.

In die eerste halfeindstryd het die KZN-Binneland met 21 lopies gewen teen die OP.

Oostelikes was daarna vernietigend op hul tuisveld en het die Grens gemaklik met nege paaltjies geklop.

Binneland het ’n stewige 172/3 in hul 20 beurte behaal en die Oos-Kapenaars daarna beperk tot 151/9.

Grant Roelofsen (63, 51 balle, 7x4) en Cody Chetty (62, 53 b, 10x4) het die ruggraat van die KwaZulu-Natallers se beurt gevorm, met Robbie Frylinck (28*, 14 b, 1x4, 2x6) wat teen die einde die langsteel lustig ingelê het.

Frylinck het ’n goeie veelsydige vertoning gelewer en 2/28 met die bal geneem en gehelp dat die OP-kolwers nooit aan die gang kon kom nie.

In hul poging om by die teiken uit te kom, is die OP se top-orde gou afgemaai en veral die linksdraaier Nduduzo Mfoza (3/16) het skade aangerig. Michael Booth (2/24) het ook sy deel gedoen om die kolwers probleme te gee.

Grens het goed afgesit en Gihahn Cloete (30, 30 b, 3x4) en Mohammad Vallie (26, 19 b, 3x4) het die eerste paaltjie vir 53 lopies verkwansel.

Daarna het hulle egter ineengestort, met nege paaltjies wat vir slegs 78 lopies geval het.

Armand Erasmus (2/25) het die skade begin doen en Dyllan Matthews (2/20) het ook sy deel bygedra.

Die Oostelikes-kolwers het nie tyd gemors om by die teiken uit te kom nie, met Wesley Marshall (40, 19 b, 7x4, 1x6) en Jurie Snyman (58*, 26 b, 2x4, 7x6) wat behoorlik vuurgemaak het.

Die wenlopies is in slegs 11.3 beurte behaal, met Yaseen Valli (29*, 25 b, 4x4) onoorwonne saam met Snyman.

Meer oor:  Krieket  |  Kzn-Binneland  |  Oostelikes  |  Provinsiale T20-Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.