Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Ottis Gibson se lot as breier gou bekend

Die lot van die afrigter Ottis Gibson en sy afrigtingspan sal tydens Saterdag se spesiale raadsvergadering bespreek word wanneer die Proteas se teleurstellende Wêreldbeker-vertoning in oënskou geneem word.

Maar die verwagting is daar eers met die opvolgvergaderings op 1 en 2 Augustus in Pretoria ’n besluit daaroor geneem sal word.

Ottis Gibson. Foto: Gallo Images

Gibson se kontrak verstryk eers aan die einde van September. Die Proteas vertrek egter vroeg in September op ’n toer na Indië met minstens ’n nuwe spanbestuurder in die plek van Mohammad Moosajee.

Die nasionale span moet ook deur ’n nuwe sameroeper van die keurkomitee aangewys word, aangesien Linda Zondi se termyn ook verstryk het.

Die Protea-kamp was nie baie ingenome nie toe KSA se president, Chris Nenzani, gedurende die toernooi gesê het koppe gaan rol.

Dit was in daardie stadium eerder ’n populistiese uitlating ná baie oud-spelers en kenners reeds oor die span se WB-treurmare uitgevaar het.

Die Proteas het aan die einde van die WB-toernooi net drie van hul agt voltooide wedstryde gewen en sewende onder die tien spanne geëindig.

Die kaptein, Faf du Plessis, het reeds gesê hy wil hê Gibson moet aanbly.

Hy het gesê die grootste uitdaging van ’n nuwe afrigter is dat hy tyd gaan benodig om verhoudings te bou. Hy sê hy en Gibson het ’n goeie verhouding opgebou en wys ook dat die T20-Wêreldtoernooi reeds volgende jaar in Australië gehou word.

Du Plessis het Woensdag gesê dat hy nie die naweek se -vergadering sal bywoon nie.

Die uitvoerende hoof, Thabang Moroe, het die naweek aan Rapport gesê hulle wag nou vir die spanverslag en die raad se riglyne voordat hulle verdere planne uiteensit.

Moroe het bygevoeg daar is nooit gesê is dat Gibson nie weer met hulle kan onderhandel nie en dat die raad sy lot sal bepaal.

Die 50-jarige Gibson het voor sy vertrek terug na Engeland te kenne gegee hy wil nog as Protea-afrigter aanbly.

Meer oor:  Ksa  |  Proteas  |  Ottis Gibson
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.