Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Oud-Aussie-toetsspeler ontvoer, 4 vas

Die Australiese polisie het Woensdag vier mans in hegtenis geneem in verband met die gewapende ontvoering van die voormalige toets-draaibalbouler Stuart MacGill.

Stuart MacGill is vir ’n wyle deur Engeland as ’n konsultant betrek. Foto: Getty Images

ABCSport berig die mans is vasgetrek in ’n klopjag voor dagbreek in Sydney nadat die krieketspeler verlede maand in dié stad se welvarende Lower North Shore-gebied ontvoer is.

MacGill is as ’n talentvolle bouler beskou en het 44 toetse vir sy land gespeel, maar ongelukkig vir hom het sy loopbaan met dié van Shane Warne saamgeval, waarskynlik die beste draaier nóg.

Volgens die polisie is MacGill (50) op 14 April deur drie mans by ’n kruising voorgekeer en in ’n voertuig geboender.

Hulle het na ’n eiendom sowat ’n uur buite die stad gereis waar MacGill na bewering aangerand en met ’n vuurwapen gedreig is. Hy is ná ’n uur vrygelaat.

Stuart MacGill in sy speeldae vir Australië. Foto: Getty Images

“Ek weet hy is net vir ’n uur aangehou, maar dit sou vir hom ’n aaklige en skrikwekkende uur gewees het,” sê superintendent Anthony Holton van die polisie in Nieu-Suid-Wallis.

Volgens Holton glo die polisie die motief vir die misdaad was geldelik.

MacGill, wat een van sy ontvoerders ken, is “steeds nogal geskok” oor die voorval, sê Holton.

’n Taakmag en onlustepolisie het “ná ’n omvattende ondersoek” Woensdag in die vroeë oggendure vier mans (onderskeidelik 27, 29, 42 en 46) in hegtenis geneem.

Die vier mans sal na verwagting later Woensdag in die hof verskyn.

– Sportredaksie

Meer oor:  Toetskrieket  |  Ontvoering  |  Sydney  |  Stuart Macgill  |  Ontvoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.