Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Oud-Cobra Con (38) verloor kankerstryd

Huldeblyke van oudspelers en -spanmaats stroom in ná die krieketspeler Con de Lange Donderdagaand sy stryd teen breinkanker verloor het.

Con de Lange is op 38-jarige ouderdom oorlede. Foto: Getty Images

Dié voormalige linkerhandse draaier van die Boland, Cape Cobras en Eagles (deesdae Knights), wat later internasionale krieket vir Skotland gespeel het, was net 38 jaar oud.

Dit het verlede jaar aan die lig gekom dat hy ’n gewas op die brein het. Dit is vroeër in die jaar by hom gediagnoseer, maar die nuus daarvan is eers in Oktober openbaar gemaak.

Volgens thecricketer.com het hy ’n operasie ondergaan en bestraling ontvang.

Krieket Skotland en die De Lange-gesin was betrokke by die Brain Tumour Charity en het onder meer met staptogte geld ingesamel.

Hy word deur sy vrou, Claire, en twee kinders, Daisy en Rory, oorleef.

Die Cape Cobras sowel as die Knights het boodskappe van medelye vir sy familie gehad.

“Ons het met groot hartseer verneem van sy dood; hy was ’n uitstekende krieketspeler vir die Knights. Ons is almal geskok oor sy skielike dood,” het Johan van Heerden, uitvoerende hoof van die Knights, Vrydag gesê.

De Lange het die Suid-Afrikaanse Skolespan en SA o.19’s ook verteenwoordig.

Graeme Smith, Jonathan Trott, Jacques Rudolph, Rivash Gobind, Johan Botha en Thami Tsolekile was van die bekende spelers wat saam met hom in daardie SA Skolespan was.

De Lange het ook in 2012 en 2013 graafskapskrieket vir Northamptonshire gespeel.

De Lange het in Junie 2015 in ’n T20-wedstryd teen Ierland in Bready sy internasionale buiging vir Skotland gemaak.

Die eerste van sy 13 eendagwedstryde vir sy aangenome land was teen Afganistan in Julie 2016 in Edinburg.

Hy het onder meer ook 183 paaltjies in 91 eersterangse wedstryde laat kantel. Sy beste ontleding in ’n beurt was 7/49.

Hy was onderkaptein van die Skotte.

Een van sy beste vertonings vir hulle was toe hy twee jaar gelede met 5/60 teen Zimbabwe in Edinburg gehelp het dat hulle vir die eerste keer ’n volwaardige lidland van die Internasionale Krieketraad verras het.

Sy laaste wedstryd vir Skotland was volgens espncricinfo.com in November 2017 teen Papoea-Nieu-Guinee.

Meer oor:  Cobras  |  Oorlede  |  Con De Lange  |  Knights  |  Kanker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.