Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Harmer kookwater in Engeland
Simon Harmer in 2018 in aksie vir die Warriors in Kimberley. Foto: Gallo Images

Die voormalige Protea-draaier Simon Harmer het met 12 paaltjies geskitter in Essex se oorwinning met ’n beurt en agt lopies oor Hampshire Maandag in Chelmsford.

Dié graafskapwedstryd was binne twee dae iets van die verlede nadat Harmer sy 5/23 in die besoekers se eerste beurt met 7/38 opgevolg het.

Dit is die sesde keer in sy loopbaan dat die 30-jarige Harmer 10 of meer paaltjies in ’n eersterangse wedstryd plattrek. Hy het in Essex se vorige wedstryd op Chelmsford teen Kent ook 10 paaltjies (3/72 en 8/98) platgetrek.

Hampshire is vir 118 en 88 uitgehaal in antwoord op Essex se 214.

Kyle Abbott was Hampshire se beste bouler met 4/54.

– Sportredaksie

Meer oor:  Graafskap  |  Simon Harmer  |  Graafskapkrieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.