Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Oud-Protea Morné gaan by skool afrig

Morné van Wyk, voormalige paaltjiewagter en kolwer van die Proteas, begin binnekort met ’n loopbaan as afrigter.

Morné van Wyk gaan eersdaags as ’n afrigter by ’n skool in Pietermaritzburg inval. Foto: Gallo Images

Die 40-jarige Van Wyk gaan hom by St. Charles College in Pietermaritzburg, spogkrieketskool in Dolphins-kontrei, aansluit.

Dié skool, ’n verteenwoordiger van die franchises se T20-toernooi vanjaar in Pretoria, het bevestig Van Wyk sal op 1 Julie as krieketspesialis by hom inval.

Van Wyk het op sy beurt bevestig hy is nie meer beskikbaar vir enige langtermyn-kontrakte nie. Die skool is nou sy prioriteit en hy sal ’n korttermyn-aanbiedinge soos T20-toernooie in oorlegpleging met sy nuwe werkgewer oorweeg.

“Dit gaan nou bietjie moeilik raak om aan te hou speel, want my verantwoordelikheid is nou teenoor die skool. Dit sal maar afhang of ek met daardie tye beskikbaar is.”

Hy beplan om later vanjaar nog in ’n T20-meesterstoernooi te gaan speel, waar oud-Proteas soos

Shaun Pollock, Ashwell Prince, Jacques Rudolph, Makhaya Ntini en Robin Peterson onder andere ook gesien kan word.

Van Wyk het sy eersterangse buiging as skoolseun in die 1996-’97-seisoen vir die Vrystaat gemaak. Hy het ná sy loopbaan by die Knights die Dolphins ook aangevoer.

Van Wyk het in 2014 ’n groot aandeel gehad in die Dolphins se verowering van die T20-trofee, die franchise eerste titel in agt jaar.

Nog ’n Protea, Mangaliso Mosehle, gaan as bykomende paaltjiewagter by die Dolphins aansluit.

Meer oor:  Krieket  |  Morne Van Wyk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.