
David Wiese / Foto: Gallo Images
Die Lahore Qalandars het hul plek in Dinsdag se eindstryd van die Pakistanse Superliga (PSL) aan die voormalige Protea-krieketspeler David Wiese te danke.
Die veelsydige Wiese het Sondag met ’n onoorwonne 48* van 21 balle en 3/27 met die bal uitgeblink in die tweede uitspeelwedstryd waarin hulle die Multan Sultans met 25 lopies getroef het. Hy was die Speler van die Wedstryd.
Hulle pak die Karachi Kings nou in die eindstryd.
Die Qalandars het 182/6 aangeteken en die Sultans vir 157 uitgeboul.
Die 35-jarige Wiese het boonop ’n uitstekende vangskoot op die grens waargeneem om van nog ’n gewese Protea, Rilee Rossouw (18), ontslae geraak.
Die 35-jarige Wiese het volgens ESPNcricinfo boonop ’n uitstekende vangskoot op die grens waargeneem om van nog ’n gewese Protea, Rilee Rossouw (18), ontslae geraak.
Die Kings het die eindstryd gehaal toe hulle die Sultans vroeër in ’n superboulbeurt geklop het in die eerste wedstryd ter kwalifisering. Hulle het 13/2 aangeteken waarna die Sultans met Rossouw (5*) voor die paaltjies tot 9/0 deur Mohammad Amir beperk is.
Nog ’n oud-Protea, Wayne Parnell, speel vir die Kings. – Sportredaksie