Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Oudspelers slaags oor AB se rol
AB de Villiers (links) en Herschelle Gibbs vier fees nadat die Proteas 'n eendagreeks teen Pakistan in 2007 gewen het. Foto: Getty Images

Die onsekerheid oor AB de Villiers se toetsloopbaan en die feit dat hy kan kies wanneer om vir die Pro­teas te speel, het ’n Twitter-bekgeveg tussen voormalige Suid-Afrikaanse krieketspelers veroorsaak.

Die Twitter-geveg het ontstaan nadat Faf du Plessis, kaptein van die toetsspan, gesê het De Villiers het al genoeg bewys om te kan besluit wanneer hy beskikbaar is vir nasionale diens.

Herschelle Gibbs, voormalige Protea-kolwer, het Du Plessis se uitspraak in ’n rits twiets bevraagteken. Gibbs het aanvanklik getwiet dis interessant dat ’n kaptein ’n ander speler op ’n troontjie plaas.

“Nooit gedink ek sou dit sien nie,” het Gibbs gesê.

“Kallis het meer bereik as wat AB ooit sal, maar hy het aanhou speel en was nie disrespekvol teenoor die span en die spel nie. Onthou dit.”

Ashwell Prince, voormalige spanmaat van Gibbs, het toe tot die gesprek toegetree. “Belaglike stelling,” het hy aan Gibbs getwiet met verwysing na wat Du Plessis gesê het. “Ek wonder in watter stadium sal Hashim Amla toegelaat word om te doen wat hy wil. Binnekort is so iets vir almal beskore.”

Dinge het warm geraak toe die voormalige toetsdraaier Paul Harris begin saamgesels het. Hy wou weet hoekom Prince en Gibbs dit nie eerder oor die foon bespreek nie.

Waarop Prince geantwoord het: “Ek het jou nie dit hoor sê toe Biff (Graeme Smith) en Faf vir Vern (Philander) in die openbaar gekruisig het nie . . .”

Harris wou by die Cobras-breier weet hoekom hy altyd wil baklei. “Ons was almal op ’n tyd spanmaats. Daar is beter maniere as Twitter om die kwessie te bespreek, sekerlik.”

Prince het geantwoord: “Is dit hoekom jy my op Twitter geantwoord het en nie ’n regstreekse boodskap gestuur het nie? Natuurlik is daar beter maniere om dinge te doen en jy verwag van leiers om dit so te doen.” – Sportredaksie

Meer oor:  Herschelle Gibbs  |  Ashwell Prince  |  Krieket  |  Twitter  |  Ab De Villiers  |  Proteas  |  Paul Harris
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.