Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Mickey nie seker wanneer hy kleinkind sien
Oupa Mickey ArthurFoto: Gallo Images

’n Mens kan met die reisbeperkings in die inperkingstyd nie net op ’n vliegtuig klim nie en daarom weet Mickey Arthur nie wanneer hy sy kleinkind gaan sien nie.

Dié voormalige afrigter van die Suid-Afrikaanse krieketspan is deesdae Sri Lanka se breier en sit sedert Engeland se toer daar in Maart afgelas is, nog op die eiland.

Hy het aan espncricinfo.com se Downtime Diaries-reeks vertel hy gaan eersdaags oupa word.

Die oudste van sy drie dogters verwag ’n babadogtertjie. Sy is tans in Suid-Afrika en die ander twee dogters is in in Perth, Australië.

“Ek gaan in Augustus oupa word. Wanneer gaan ek my kleindogter sien? Jy sit en dink ‘jeez, ek hoop ons gaan na Suid-Afrika toe aan die einde van die jaar,’ ” het Arthur op ’n vraelys onthul.

Ek gaan in Augustus oupa word. Wanneer gaan ek my kleindogter sien? Jy sit en dink ‘jeez, ek hoop ons gaan na Suid-Afrika toe aan die einde van die jaar.
Mickey Arthur

Arthur het Sondag 52 geword en kon dit die naweek, met maatreëls wat effens verslap is, by die huis van Kumar Sangakkara in Galle vier.

Hy sê ná agt weke se inperking in die Taj Samudra-hotel het dit gevoel asof hy uit die tronk vrygelaat is.

Die enigste ander lid van die afrigtingspan, die kolfafrigter Grant Flower, gaan in ’n ander hotel tuis.

Sri Lanka is die vierde internasionale span wat Arthur as hoofafrigter aangestel het. Hy het benewens die Proteas voorheen ook Australië en Pakistan afgerig.

Sri Lanka kan volgens islandcricket.lk, onderhewig aan die regering se toestemming, op 1 Junie weer begin oefen. – Sportredaksie

Meer oor:  Mickey Arthur  |  Sydney  |  Sri Lanka  |  Australie  |  Krieket  |  Oupa  |  Kleinkind  |  Afrigter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.