Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Paine steun Smith se kleim op kapteinskap

Tim Paine, kaptein van Australië se toetskrieketspan, ondersteun Steve Smith om hom te vervang wanneer die tyd ryp is vir ’n verandering van leierskap.

Tim Paine (links) sê hy sal Steve Smith (regs) ondersteun indien hy weer in aanmerking kom vir die kapteinskap. Foto: Getty Images

Paine het Smith opgevolg as kaptein in 2018 nadat die kolwer vir 12 maande uit internasionale krieket geskors is en vir twee jaar verbied is om enige leierskapsrolle te beklee weens sy rol in die balpeuterskandaal teen Suid-Afrika.

Smith het in Maart gesê hy sal die kapteinskap weer met albei hande aangryp indien hy die kans sou kry en volgens Paine verdien hy die geleentheid om oorweeg te word.

“Ek dink so. Uiteraard neem ek nie die besluit nie, maar die tyd wat ek onder Steve as kaptein gespeel het, was uitstekend,” sê hy.

“Hy is beslis wat taktiek betref een van die beste. Ja, ek sou hom ondersteun as hy weer die pos kry.”

Steve Smith is een van die wêreld se voorste kolwers. Foto: Getty Images

Verskeie kenners en voormalige spelers meen Smith moet heraangestel word en het ’n beroep gedoen dat die 36-jarige Paine die leisels moet neerlê ná die Aussies se skok-reeksnederlaag van 1-2 teen ’n verswakte Indië.

Paine is nie van plan om eenkant te staan nie, maar het voorheen gesê hy oorweeg dit om uit te tree indien sy span Engeland in die 2021-’22-As-reeks oorheers.

“As ek voel die tyd is reg en ons het die Pommies met 5-0 geklop, dit sal ’n wonderlike manier wees om te groet,” sê hy.

“Maar dit mag dalk ’n baie mededingende reeks wees en dalk jaag ons 300 op die laaste dag en my telling is 100 nie uit nie en ek moker die wenlopies – en dan sal ek dalk aanbly.”

Min spelers het ’n beter getuigskrif om Paine op te volg as die 31-jarige Smith. Hoewel sy leierskapsverbod in Maart 2020 verstryk het, is hy sedertdien op verskeie geleenthede oor die hoof gesien.

Die snelbouler Pat Cummins is die onderkaptein van die toetsspan.

Trevor Hohns, voorsitter van die Aussie-keurders, het in November gesê Smith sal waarskynlik in aanmerking kom om Paine op te volg, maar die keurders het dit nog nie bespreek nie. – Reuters

Meer oor:  Toetskrieket  |  Tim Paine  |  Steve Smith  |  Balpeutery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.