Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Pakistan byt vas in gunstige boultoestande
Babar Azam vier sy onoorwonne vyftigtal op dag een van die eerste toets tussen Pakistan en Engeland. Foto: AP

Pakistan se kolwers het Woensdag op Old Trafford in Manchester die oorhand gekry op ’n reënverkorte eerste dag van die eerste kriekettoets teen Engeland.

Pakistan het 139/2 bereik toe die spel vanweë swak lig gestaak is.

Baber Azam (69*) en Shan Masood (46*) het 96 onoorwonne lopies om die derde paaltjie aangeteken voordat reën spel vir ’n uur ná die middagete kortgeknip het.

Die spelers was vir 30 minute terug op die veld voordat die spel wees swak lig tot ’n einde gekom het.

Dit was uitstekende kolfwerk deur dié twee Pakistanse kolwers in toestande wat die boulers gehelp het.

Waar Engeland se boulaanval amok gemaak het in die laaste twee toetsoorwinnings teen die Wes-Indiese Eilande in dié toestande, was hulle Woensdag baie meer vrygewig en het hulle nie met dieselfde dissipline geboul nie.

• Dit was ook die eerste toets waarin ’n nuwe reël deur die Internasionale Krieketraad (IKR) getoets word. Die skeidsregters op die veld bepaal nie meer wanneer ’n foutbal geboul is nie. Die TV-skeidsregter het nou dié verantwoordelikheid.

Meer oor:  Pakistan  |  Engeland  |  Toetsreeks  |  Krieket  |  Old Trafford
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.