Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Babar sê Mickey, AB het hom help vorm

Pakistan se kaptein, Babar Azam, het aan die vooraand van die eerste toets Dinsdag teen die Proteas in Karatsji gesê hy gaan ’n blaadjie uit Mickey Arthur se boek neem om sy spanmaats ook in hulself te laat glo.

Twee Suid-Afrikaners het ’n groot rol in Babar Azam se vorming as toetskolwer gespeel. Foto: Getty Images

Hy sê hul voormalige afrigter het hom altyd onderskraag en dat sy ondersteuning hom gehelp het om in selfvertroue te groei.

“Ek het gesukkel, veral in rooibalkrieket, maar Mickey (’n oud-Proteabreier) het my ondersteun en bly glo in my wat my selfvertroue gegee het,” sê dié kolwer, wat sy vyf toetshonderdtalle in sy laaste 13 toetse aangeteken het.

“Dit het my laat besef hoe belangrik dit vir ’n speler is om die spanbestuur se ondersteuning te hê wanneer hy sukkel. Ek gaan dieselfde doen en my spelers ondersteun.”

Pakistan kon net twee van sy laaste 14 toetse wen.

Die twee seges was oor Sri Lanka en Bangladesj in 2019 en 2020, onderskeidelik in in Karatsji en Rawalpindi, waar die twee toetse teen die Proteas gespeel word.

Pakistan het nog net twee van sy 42 toetse in Karatsji verloor. Een daarvan was met Suid-Afrika se vorige besoek in 2007.

AB de Villiers was die ander Suid-Afrikaner wat ter sprake in Azam se onderhoud was.

Toe ek die geleentheid gekry het om AB de Villiers te ontmoet, was dit ’n aanhanger-oomblik vir my.
Babar Azam

Azam sê hy het baie van sy houe geleer deur na video’s van De Villiers te kyk.

“Toe ek die geleentheid gekry het om AB de Villiers te ontmoet, was dit ’n aanhanger-oomblik vir my. Ek het hom as aanhanger ontmoet en hom verskillende vrae oor sy kolfwerk gevra.”

Hy verwag intussen van sy span om onverskrokke krieket teen die Proteas te speel.

Dit is Azam se 30ste toets, terwyl die Suid-Afrikaanse kaptein, Quinton de Kock, in sy 50ste uitstap.

Kyk hier hoe vernietigend kan Azam met die kolf wees:

Pakistan se vergrote groep is intussen tot 17 uitgedun vir die eerste toets met Abdullah Shafique, Kamran Ghulam en Salman Ali Agha wat vrygestel is.

Die snelboulers Tabish Khan en Haris Rauf, sowel as die draaiboulers Sajid Khan en Nauman Ali en die jong kolwer Saud Shakeel is spelers wat nog nie toetskrieket gespeel het nie.

• Pakistan (uit): Babar Azam (k), Abid Ali, Imran Butt, Azhar Ali, Fawad Alam, Saud Shakeel, Faheem Ashraf, Mohammad Nawaz, Mohammad Rizwan, Sarfaraz Ahmed, Nauman Ali, Sajid Khan, Yasir Shah, Haris Rauf, Hasan Ali, Shaheen Shah Afridi, Tabish Khan.

Bykomende bron: thenews.com.pk

Meer oor:  Babar Azam  |  Pakistan  |  Krieket  |  Ab De Villiers  |  Proteas  |  Mickey Arthur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.