Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Pakistan kies 16-jarige blits teen Aussies

Waqar Younis en Shoaib Akhtar is sy helde. Hy wil hulle dit nadoen en net soveel vrees by kolwers inboesem as dié eertydse blitse.

Só sê die 19-jarige Musa Khan, een van drie tiener-snelboulers wat Pakistan gekies het vir die toer na Australië.

Shaheen Afridi in aksie in ’n T20-wedstryd teen Suid-Afrika in Centurion. Foto: Gallo Images

Pakistan gaan volgende maand twee toetse en drie T20-wedstryde teen die Aussies speel.

Khan en die 16-jarige Naseem Shah word as die vinnigste boulers in Pakistan se plaaslike krieket beskou. Albei is in die toets- en T20-groep, terwyl Shaheen Afridi (19) net in die toetsgroep is.

Khan het met kolwers soos David Warner en Steve Smith wat op hulle wag, gesê hy dink nie daaraan nie, sy doelwit is eerder om met sy vaart en deurdringingsvermoë te beïndruk.

“My sterkpunt is om vinnig te boul. Waqar Younis en Shoaib Akhtar is my helde en ek wil soos hulle vrees by die kolwers inboesem.”

Shah, wat in plaaslike krieket bekend is sy aflewerings wat van ’n goeie lengte af skerp klim, hoop ook om ’n onmiddellike indruk te maak.

“Die toestande in Australië help snelboulers. My doel is om dit goed te benut en die tuisspan ’n moeilike tydjie te gee.

“Om op harde kolfblaaie te speel, gaan vir my

’n wonderlike ervaring en leerkurwe wees.”

– Reuters

Meer oor:  T20  |  Toetskrieket  |  Eendagkrieket  |  Musa Khan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.