Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Pakistan kry sy neus voor teen Engelse
Yasir Shah van Pakistan vier een van sy vier Engelse paaltjies Vrydag op Old Trafford in Manchester. Foto: Getty Images

Veertien paaltjies het op die derde dag van die eerste kriekettoets tussen Pakistan en Engeland in Manchester geval, maar die besoekers het steeds hul neuse ’n kortkop voor.

Die feit dat Engeland laaste gaan moet kolf op ’n kolfblad waar daar draai en wip vir die draaiers is, gaan altyd in Pakistan se guns tel.

Engeland is Vrydag ná middagete vir 219 uitgeboul. Dit is ’n agterstand van 107 op die eerste beurt. Pakistan het 137/8 met uitskeityd bereik, ’n voorsprong van 245.

Pakistan se held was die bybreekbouler Yasir Shah (4/66). Hy het Donderdag gesukkel om die druk te handhaaf wat die naatboulers gebou het, maar was baie beter Vrydag en het al die kolwers met afwisseling gepla.

Ollie Pope (62) en Jos Buttler (38) het goeie beurte vir Engeland gespeel, maar nie een kon Shan Masood se heldedade van die eerste beurt herhaal nie.

Masood het toe ’n skitterbeurt van 156 lopies gespeel.

Die tuisboulers Chris Woakes en Ben Stokes het albei 2/11 ingeoes. – Altus Momberg

Meer oor:  Yasir Shah  |  Ollie Pope  |  Pakistan  |  Engeland  |  Toetsreeks  |  Krieket  |  Old Trafford
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.