Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Pakistan nooi Engelse vir eendagreeks
Die Engelse oorweeg ’n toer na Pakistan vroeg volgende jaar. Foto: Getty Images

Engeland is uitgenooi om vroeg volgende jaar ’n eendagreeks in Pakistan te speel.

Indien die Engelse en Walliese Krieketraad (ECB) instem, sal dit die eerste keer wees sedert 2005 dat Engeland in Pakistan toer.

Topspanne weier om in Pakistan te speel sedert ’n militêre aanval op die Sri Lankaanse spanbus in Lahore in 2009. Internasionale krieket het egter in 2015 na die land teruggekeer toe Zimbabwe ’n eendagreeks gespeel het.

“Ons kan bevestig ná samesprekings met die Pakistanse Krieketraad dat die ECB uitgenooi is vir ’n kort toer vroeg in 2021,” sê die ECB in ’n verklaring.

“Ons verwelkom die feit dat internasionale krieket na Pakistan terugkeer en ons is daartoe verbind om te doen wat ons kan om dit te bevorder.”

Volgens die ECB sal faktore soos voorgestelde Covid-19-protokol, veiligheid van die span en ’n reeds besige skedule fyn oorweeg word.

Pakistan was een van vier spanne wat tydens die Covid-19-pandemie na Engeland getoer het. Die ECB het erken hy het “finansiële vergetelheid” afgeweer deur die afgelope somerseisoen aan sy uitsaaiverpligtinge te voldoen.

– Reuters

Meer oor:  Pcb  |  Eendagkrieket  |  Ecb
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.