Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Jong Proteas pak Tiere in kwarteind

Die groot vennootskap tussen die kaptein, Bryce Parsons, en Luke Beaufort was genoeg om die Suid-Afrikaanse o.19-krieketspan met 23 lopies volgens die Duckworth/Lewis oor die Verenigde Arabiese Emirate (VSA) in hul laaste Wêreldbeker-groepwedstryd Saterdag in Bloemfontein te laat seëvier.

Bryce Parsons (links) en Luke Beaufort wat 152 van 169 balle om die derde paaltjie aangeteken het. Foto: Gallo Images

Die Suid-Afrikaners het daarmee tweede in Groep D geëindig en speel nou Donderdag in Potchefstroom teen Bangladesj in hul Superliga-kwarteindronde.

Die gasheer het 299/8 aangeteken nadat Parsons die loot gewen het. Die VAE het 112/3 na 23.5 beurte gehad toe spel om 16:20 vir ’n tweede keer in sy kolfbeurt deur ’n reënbui onderbreek is. Spel is toe om 17:30 amptelik afgelas.

Parsons het ’n tweede agtereenvolgende honderdtal misgeloop, maar hy sal die Superliga as die voorste kolwer met 245 lopies ná drie wedstryde betree.

Parsons (84, 83b) en Beaufort (85, 104b) het met ’n derde agtereenvolgende vennootskap van meer as 50 lopies vorendag gekom. Hul beduidende 152 lopies om die derde paaltjie was die ruggraat van die gasheer se kolfbeurt.

Dit was nadat Jonathan Bird (43, 36b) en sy nuwe aanvangsmaat, Khanya Cotani (19) 63, om eerste paaltjie vir Suid-Afrika aangeteken het, maar albei in die 10de boulbeurt uit is.

Albei is been voor paaltjies betrap in die eerste beurt van die VAE-kaptein, Aryan Lakra (3/48), teen wie se draaiers hulle vooraf gewaarsku is.

Dit het gelyk of ‘’n draaier nogmaals Suid-Afrika se ondergang gaan bewerkstellig voordat die SA o.19-kaptein en die SA skolekaptein die kolfbeurt gou stewig terug op koers gehad het.

Albei sal vies wees omdat hulle nie honderdtalle gekry het nie. Albei is op die grens gevang ná onnodige houe.

Dit was twee van die laaste paar paaltjies wat op onbesonne wyse prysgegee is, iets wat nie bekostig kan word as daar sprake is dat die Duckworth/Lewis-stelsel dalk later in werking sou kom nie.

Afganistan se kolwers het blitsig begin met wolke wat saamgepak het.

Parsons (1/22) het gewaag deur homself en nog ’n draaier Pheko Moletsane (1/14) binne die eerste 10 beurte in te span.

Dit het vrugte afgewerp, albei het vroeg toegeslaan om die VAE op 65/3 onder druk te sit ná sy haastige begin.

Jonathan Figy, wat 102 in die eerste wedstryd in Bloemfontein teen Kanada aangeteken het, was onoorwonne op 36 van 59 balle toe die wedstryd finaal afgelas is.

* Superliga-kwarteindstryde:

28ste: Australië t. Indië (Potchefstroom)

29ste: Windies t. Nieu-Seeland (Benoni)

30ste: Suid-Afrika t. Bangladesj (Potchefstroom)

31ste: Afganistan t. Pakistan (Benoni).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.