Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Peperduur prys vir Rabada in nuwe toernooi

Die Protea-snelbouler Kagiso Rabada, die Australiërs Steve Smith en David Warner en die Windies-mokerman Chris Gayle tel onder die duurste spelers op wie spanne, wat betrokke gaan wees in ’n splinternuwe krieketkompetisie in Engeland, kan bie.

Steve Smith. Foto: Getty Images
PUNE, INDIA - OCTOBER 10:Kagiso Rabada of South Af
Kagiso Rabada. Foto: Gallo Images

Volgens die Engelse en Walliese Krieketraad (ECB) is Rabada-hulle teen ’n reserweprys van £125 000 (sowat R2,38 miljoen) beskikbaar op Sondag se veiling vir The Hundred, ’n nuwe formaat waarin elke span slegs 100 balle trotseer.

Smith het in September die Aussies gehelp om seker te maak dat die Aussies die As in hul toetsreeks teen Engeland behou. Warner het egter ’n treurige reeks beleef en net een vyftigtal in vyf toetse behaal. Hy het egter ’n reputasie as ’n hotklou-aanvangskolwer wat groot verwoesting kan saai.

Die snelbouler Mitchell Starc, wat net in een toets in die reeks om die As gespeel het, is die derde Aussie in die groep van ses, wat ’n prys van minstens £125 000 kan vra, sê die ECB. Die Sri Lankaanse streepbal-spesialis Lasith Malinga is die ander uitsoekspeler in dié prysklas.

David Warner, Foto: Getty Images

Die nuwe toernooi sal in Julie en Augustus 2020 aangebied word. Die spanne sal in agt stede gesetel wees.

Vyf van die agt spanne sal Australiese afrigters hê, onder wie Shane Warne, Darren Lehmann en Tom Moody.

Rashid Khan van Afganistan en die veelsydige Windie André Russell het albei ook ’n reserweprys van £100 000 (sowat R1,92 miljoen).

Engeland se Wêreldbeker-wenners Mark Wood en Liam Plunkett is onder die 331 plaaslike spelers wie se name in die voorlopige kandidatelys verskyn.

“Spanne sal 12 spelers kan kies, met ’n maksimum van drie oorsese spelers. Hulle sal hul aansluit by die Engelse spelers en ikoonspelers wat reeds aangekondig is,” sê die ECB. – Reuters

Meer oor:  David Warner  |  The Hundred  |  Krieket  |  Chris Gayle  |  Kagiso Rabada  |  Steve Smith
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.