Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Peperduur Steyn se naam in hoed vir IPL
Dale Steyn het vir die Cape Town Blitz gekook in die Mzansi-superliga. Foto: Gallo Images

Altesaam 23 Suid-Afrikaners het die finale lys van krieketspelers vir volgende week se Indiese Premierliga-veiling in Kolkata gehaal.

Hulle tel onder 332 spelers wat hoop om deur een van die agt franchises in dié geldryke T20-liga opgeraap te word.

Volgens iplt20.com het 997 spelers aanvanklik vir die veiling geregistreer, maar is die getal met twee derdes verminder nadat die franchises kortlyste van die spelers op hul wenslys ingedien het.

Die Proteas se veteraan-snelbouler Dale Steyn is die duurste Suid-Afrikaner wat te koop is. Hy het homself teen ’n prys van 20 miljoen roepees (sowat R4,06 miljoen) beskikbaar gestel.

Die Australiese sneller Pat Cummins. Foto: Gallo Images

Hy en ses ander oorsese spelers is in die duurste prysklas op die veiling. Die ander is Pat Cummins, Josh Hazlewood, Mitchell Marsh, Glen Maxwell, Chris Lynn (almal Australië) en Angelo Mathews (Sri Lanka).

Steyn het vroeër vanjaar, ná ’n afwesigheid van drie jaar, as ’n plaasvervanger vir die Royal Challengers Bangalore gespeel. Hy het egter ’n besering opgedoen en dít het hom uiteindelik ook uit die Wêreldbeker-toernooi in Engeland gehou.

Steyn was egter die afgelope maand skitterend op dreef in die Mzansi-superliga en dít sal hom gewis bemarkbaar maak in Kolkata.

* Die datums vir volgende jaar se IPL-toernooi is nog nie vasgestel nie, maar die toernooi behoort in April en Mei plaas te vind.

Die Suid-Afrikaners by die veiling is:
Marco Marais, Wiaan Mulder, Jon Jon Smuts, Gerald Coetzee, Nandré Burger, Rassie van der Dussen, David Wiese, Kyle Abbott, Marchant de Lange, Cameron Delport, Anrich Nortjé, Janneman Malan, Aiden Markram, Rilee Rossouw, Beuran Hendricks, Tabraiz Shamsi, Chris Morris, Heinrich Klaassen, Dale Steyn, Colin Ingram, David Miller, Andile Phehlukayo, Corbin Bosch. – Sportredaksie, Reuters


Meer oor:  Pat Cummins  |  Dale Steyn  |  Janneman Malan  |  Indië  |  T20  |  Snelbouler  |  Veiling  |  Krieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.