Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Robin Peterson nuwe Warriors-breier

Die voormalige Proteas-draaier Robin Peterson sal die Warriors vir die res van die seisoen afrig.

Robin Peterson. Foto: Gallo Images

Die 40-jarige Peterson, wat in die Baai gebore is, gaan die waarnemende breier wees in die plek van Rivash Gobind, wat bedank het.

Gobind sal hom ná die Warriors se wedstryd teen die Titans op St. Georgepark by Afganistan aansluit om een van Lance Klusener se adjudante te wees.

Peterson sal ook in die komende Mzansi-superliga die Nelson Mandela Bay Giants se hulpafrigter wees.

Peterson het in sy loopbaan vir die Warriors, Cape Cobras en Knights franchise-krieket gespeel. Hy het aan die einde van 2016 sy uittrede aangekondig.

Hy was voorheen ’n konsultant vir die Suid-Afrikaanse o.19-span, die nasionale akademie en Suid-Afrika A.

Die oud-Protea het ook al die Barbados Tridents en St Kitts & Nevis Patriots in die Karibiese Premierliga sowel as die Northern Warriors in die T10-liga afgerig.

Die veelsydige Peterson het in 15 toetse, 79 eendagwedstryde en 21 T20-wedstryde vir die Proteas gespeel. – Sportredaksie

Meer oor:  Warriors  |  Robin Peterson  |  Krieketafrigtere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.