Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Peterson sien ligpunte in ontwrigting
Robin Peterson voel die Warriors het darem ’n redelike goeie seisoen agter die rug. Foto: Gallo Images

Hy dink hy en die spelers het mekaar darem beter leer ken, sê Robin Peterson, wat in die laaste deel van die afgelope seisoen die Warriors se hoofafrigter was.

En dít, reken Peterson, is een van die goeie dinge wat uit die verkorte seisoen gekom het.

Hy het ná drie rondes van die meerdaagse reeks by Rivash Gobind as afrigter oorgeneem toe laasgenoemde ’n afrigtingspos in Afganistan aanvaar het.

“Ek het laat met die werk begin en jy het ’n paar maande nodig om die ouens se vertroue te wen en ek dink dat ons teen die einde van die seisoen daar begin kom het,” sê Peterson.

Die seisoen het voortydig op 16 Maart geëindig toe Krieket Suid-Afrika alle krieket vir 60 dae weens die Covid-19-pandemie gekanselleer het.

Onder die omstandighede dink ek dit was bevredigend.
Robin Peterson

Die Warriors het derde in die eendag- en meerdaagse reekse geëindig.

“Onder die omstandighede dink ek dit was bevredigend,” sê Peterson.

“Ons het ouens gehad wat halfpad deur die seisoen na Krieket Suid-Afrika se fiksheidskampe moes gaan.

“Verskeie van ons meer ervare spelers het ook met beserings gesukkel, maar dit het weer kanse aan van die jonger manne gegee.”

Hy voel dat die ervaring wat van die jonger spelers opgedoen het, sal die span vorentoe help.

“Nou moet ons daarop bou, aanhou verbeter en die doelwitte hoër stel,” sê Peterson.

Meer oor:  Robin Peterson  |  Suid-Afrika  |  Krieket  |  Ksa  |  Warriors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.