Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Philander óók gestraf ná hy Buttler uitkry
Vernon Philander het Jos Buttler (links) met gekruide taal gegroet nadat hy hom uitgekry het op die tweede dag van die vierde toets tussen Suid-Afrika en Engeland. Foto: Reuters

Eers Jos Buttler, toe Kagiso Rabada, Ben Stokes en nou Vernon Philander . . . die Internasionale Krieketraad (IKR) deel strafpunte uit asof dit geskenke op Oukersaand is.

Die IKR het Sondag in ’n verklaring gesê Philander is met 15% van sy wedstrydgeld beboet en een strafpunt toegedien nadat hy Saterdag op dag twee van die vierde toets teen Engeland die beheerliggaam se gedragskode oortree het.

Die Protea-bouler is gestraf nadat hy “onwelvoeglike taal gebruik het nadat hy Buttler se paaltjie gevat het, wat ’n aggressiewe reaksie by die kolwer kon ontlok”. Dit is onduidelik wat hy vir Buttler toegesnou het.

Die Protea-bouler is gestraf nadat hy onwelvoeglike taal gebruik het nadat hy Buttler se paaltjie gevat het, wat ’n aggressiewe reaksie by die kolwer kon ontlok.

Philander het die straf aanvaar. Die toets in Johannesburg is sy laaste vir die Proteas, so die strafpunt is van akademiese belang.

Buttler was die eerste speler wat in dié reeks gestraf is. Die Engelse paaltjiewagter het in die tweede toets in Kaapstad vir die einste Philander gesê hy is ’n “f****n knobhead”. Hy is gestraf omdat sy vloekwoorde op televisie gehoor kon word.

Kagiso Rabada

Rabada is in die derde toets daaraan skuldig bevind dat hy die paaltjie van Joe Root op só ’n uitbundige wyse gevier het dat dit ook ’n “aggressiewe reaksie by die kolwer kon ontlok”.

Stokes is gestraf nadat hy op dag een van die vierde toets ’n toeskouer ’n “f****n vieroog-k**t” genoem het.

Al vier die spelers is aan ’n vlak-een-oortreding skuldig bevind en is met 15% van hul wedstrydgeld beboet, sowel as met ’n strafpunt.

Rabada het reeds drie vorige strafpunte op sy rekord en loop dus die vierde toets mis.

Meer oor:  Vernon Philander  |  Ben Stokes  |  Engeland  |  Johannesburg  |  Suid-Afrika  |  Krieket  |  Ikr  |  Straf  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.