Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Piedt pak sy tasse eersdaags vir VSA

Dane Piedt gaan binnekort sy heil in Amerika soek.

Die voormalige Protea-draaier het Donderdag bevestig dat hy ’n driejaar-kontrak gesluit het om krieket in Amerika te speel.

Dane Piedt in aksie vir Suid-Afrika A in 2017. Foto: Getty Images

“Ek is nog nie seker in watter stad ek gesetel gaan wees nie. Dit moet nog onderhandel word,” sê Piedt (30).

Die wegbreekbouler het sy buiging vir die Westelike Provinsie in 2010 gemaak in die amateurreeks en het sy hele loopbaan tot dusver in Suid-Afrika vir óf die WP óf die Cape Cobras gespeel.

Hy het Suid-Afrika in nege toetse verteenwoordig, maar het ná die reeks teen Indië verlede jaar besef dat hy waarskynlik nie weer vir die Proteas gaan speel nie.

“Ek het vrede daarmee gemaak en aan my toekoms begin dink,” het hy gesê.

Piedt het gesê dit was bitter moeilik om nee te sê vir die aanbod wat hy aanvaar het.

“Ek is in daardie stadium van my loopbaan waar jy aan jou finansiële toekoms begin dink. Die stabiliteit van ’n driejaar-kontrak is baie aanloklik,” het hy gesê.

Dit was regtig moeilik om te besluit om Nuweland te verlaat. Ek het amper nog al my krieket daar gespeel.

Piedt se verduideliking herinner nogal baie aan dié van spelers wat Kolpak-kontrakte geteken het om in Engeland graafskapskrieket te speel. Die kombinasie van langer kontrakte en ponde (of dollars) praat baie hard.

Piedt het 26 paaltjies in sy nege toetse laat kantel teen ’n gemiddelde van 45.19. Keshav Maharaj se deurbraak in die Protea-span aan die einde van 2016 het Piedt se geleenthede by die Proteas egter beperk.

Dit gaan moeilik wees vir die Cobras om Piedt te vervang. Hy het nie net die span die laaste paar seisoene aangevoer nie, maar het ook as veelsydige speler ’n rol vervul.

In 115 eersterangse wedstryde vir die Kapenaars het hy 409 paaltjies laat kantel.

Verlede jaar het hy boonop ’n verstommende impak op die plaaslike meerdagreeks gehad. Die draaibalbouler het 54 paaltjies in sy tien wedstryde laat kantel en ook ’n honderdtal en ’n vyftigtal in die reeks aangeteken.

“Dit was regtig moeilik om te besluit om Nuweland te verlaat. Ek het amper nog al my krieket daar gespeel. Ek het ’n aanbod van ’n ander Suid-Afrikaanse franchise gehad. Dit sou egter nie vir my sin maak om so ’n skuif te maak nie. Dit sou ’n sywaartse stap wees,” sê hy.

Meer oor:  Protea-Draaier  |  Dane Piedt  |  Cape Cobras  |  Amerika  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.