Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Polisie aangeval wat krieket wil keer

Mense wat besig was om krieket in ’n straat in Indië te speel, het polisiemanne aangeval wat hul wedstryd wou stopsit.

Ook in dié land, soos baie ander in die wêreld, geld daar ’n inperking weens die Covid-19-pandemie.

Volgens The New India Express het die voorval Woensdag in die stad Dewas plaasgevind.

Die polisie het ’n wenk ontvang dat daar mense is wat nie ag slaan op die inperking nie.

Toe die beamptes probeer dat die jongelinge ophou speel, is hulle met klippe aangerand. Een van die jonges, wat glo daarop aanspraak gemaak het dat hy ’n prokureur is, het glo een van die beamptes ’n oorveeg gegee.

Yogendra Singh Sisodiya, ’n inspekteur, sê twee mans en twee vroue is op die toneel in hegtenis geneem.

“Met moeite het ons daarin geslaag om die aanranding stop te sit en vier polisiebeamptes is vir mediese ondersoeke gestuur.” – Sportredaksie

Meer oor:  Koronavirus  |  Straatkrieket  |  Inperking  |  Covid-19  |  Dewas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.