Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Pollard steel sy driekuns-vreugde

Die Sri Lankaanse wegbreekbouler Akila Dananjaya het Woensdag in ’n T20-krieketstryd teen die Wes-Indiese Eilande die volle spektrum van emosies ervaar.

Dananjaya het trouens in die bestek van slegs twee boulbeurte van bul tot nul gegaan nadat hy eers ’n driekuns aan paaltjies geneem het, maar toe ses agtereenvolgende sesse in die volgende boulbeurt afgestaan het.

Kieron Pollard het hom by ’n uitgelese groepie kolwers aangesluit wat ses sesse agtereenvolgens kon moker. Foto: Getty Images

Kieron Pollard was die Windie-kolwer wat Dananjaya se onortodokse wegbreke na alle uithoeke van die stadion in Antigua gemoker het en het die tuisspan tot ’n oorwinning met vier paaltjies gevoer.

Pollard het in die vierde boulbeurt reeds uitgestap nadat Dananjaya met agtereenvolgende aflewerings van Evin Lewis, Chris Gayle en Nicholas Pooran ontslae geraak het om die Windies op 52-3 te laat, met die beskeie wenteiken van 132 wat skielik heelwat moeiliker begin lyk het.

Akila Dananjaya se vreugde ná ’n driekuns teen die Wes-Indiese Eilande was van korte duur. Foto: Getty Images

Maar Pollard het hom nie deur die druksituasie laat ontsenu nie en het nes Herschelle Gibbs en Yuvraj Singh voor hom toe ses agtereenvolgende sesse in ’n internasionale wedstryd geslaan.

Pollard het agterna gesê dat ’n paar gedagtes deur sy kop gemaal het nadat hy die vyfde ses op ’n streep gemoker het.

“Ek het gewonder of ek vir die sesde ses moet gaan en moontlik my paaltjie verloor of eerder tevrede wees met die 30 lopies wat reeds aangeteken het. Hy het om die paaltjie gekom en die bal op my beenskutte probeer boul, toe sê ek vir myself ‘Wag Polly, vat ’n kans’. Dis hoe ek nog altyd my krieket gespeel het, veral teen draaiers.”

Pollard is in die volgende boulbeurt vir 38 lopies uitgehaal.

Benewens Gibbs en Singh het Garry Sobers (1968) en Ravi Shastri (1985), Ross Whiteley (2017) en Hazaratullah Zazai (2018) al ses sesse in ’n boulbeurt geslaan, maar laasgenoemde spelers het dit in provinsiale wedstryde vermag. – Reuters

TELKAART

Meer oor:  Sri Lanka  |  T20  |  Windies  |  Akila Dananjaya  |  Kieron Pollard
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.