Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Potch is gereed vir Solidarity Cup

As Krieket Suid-Afrika (KSA) Donderdag tydens ’n telefoonkonferensie besluit om die Solidarity Cup-driespan-wedstryd van Centurion na Potchefstroom te skuif, sal Noordwes Krieket slaggereed wees om dié kragmeting aan te bied.

Die Solidarity Cup-driespanwedstryd kan moontlik op Senwespark in Potchefstroom aangebied word. Foto: Gallo Images

Dr. Shuaib Manjra, KSA se mediese hoof, het Sondagaand op die nuuskanaal eNCA gesê dit is ’n moontlikheid om dié wedstryd, wat die eerste regstreekse krieket in Suid-Afrika sedert die Covid-19-inperking sal wees, van SuperSport-park na Senwespark te skuif.

Dié moontlikheid word Donderdag amptelik bespreek.

’n Nuwe datum vir die wedstryd moet ook nog aangekondig word.

Dié wedstryd, waarin 24 van Suid-Afrika se voorste spelers in ’n splinternuwe formaat van die spel tot die speelveld sal terugkeer, sou die afgelope Saterdag (27 Junie) in Centurion plaasgevind het.

KSA het die wedstryd op 17 Junie aangekondig, nog voordat sy protokol-planne vir ’n terugkeer tot die oefen- en speelveld deur die regering goedgekeur is. Die beheerliggaam moes die wedstryd toe verlede Saterdag, 20 Junie, noodgedwonge uitstel omdat hulle nog op goedkeuring gewag het.

Nathi Mthethwa, die minister van sport, kultuur en ontspanning, het wel Vrydag (26 Junie) die groen lig gegee dat krieket mag hervat.

Volgens regulasies wat op 11 Junie in die Staatskoerant gepubliseer is, mag geen sport in brandpuntgebiede hervat word nie. Centurion word as ’n brandpuntgebied beskou, maar Jacques Faul, KSA se waarnemende uitvoerende hoof, het Sondag aan Netwerk24 gesê hulle het nietemin goedkeuring gekry om in sulke gebiede te oefen en te speel: “Ons moet net die bykomende regulasies nakom.”

HP Prinsloo, die uitvoerende hoof van Noordwes Krieket, vroeër vanjaar tydens die o.19-Wêreldbeker-toernooi. Hier oorhandig hy die Speler van die Wedstryd-medalje aan Bangladesj se Mohammad Parvez Hossain. Foto: Gallo Images

Potchefstroom is egter nie in ’n brandpuntgebied nie en die wedstryd kan soontoe skuif as KSA besluit om liewer aan die veilige kant te wees.

“Ons sal gereed wees. Ons is reeds tot ’n mate Covid-19-gereed; ons het reeds begin voorsorg tref,” het HP Prinsloo, Noordwes Krieket se uitvoerende hoof, Maandag aan Netwerk24 gesê.

“Ons het dit gisteraand op die nuus gehoor (dat dr. Manjra gesê het Potchefstroom word as alternatief oorweeg), maar die moontlikheid was nog altyd daar. Jacques Faul het dit so ’n week of twee gelede aan my genoem. Daar is wel nog niks bevestig nie.”

Geen werknemers van Noordwes Krieket het al Covid-19 opgedoen nie.

Manjra het Potchefstroom vroeër tydens die inperking uitgesonder as ’n plek wat moontlik in ’n “bio-borrel” omskep kan word vir die beoogde reeks van drie T20-wedstryde teen Indië aan die einde van Augustus.

Indien die Solidarity Cup-wedstryd, wat ten doel het om R3 miljoen vir Covid-19-verligting in te samel, wel soontoe geskuif word, kan dit as ’n proeflopie vir dié moontlike reeks dien.

Meer oor:  Driespan-Wedstryd  |  Solidarity Cup  |  Koronavirus  |  Ksa  |  Driespankrieket  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.