Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Protea-boulers kou klippe in Galle

Twee paaltjies in die eerste sessie sou Suid-Afrika laat moed skep het ná die eerste sessie van die eerste kriekettoets teen Sri Lanka in Galle.

Sri Lanka is 93/2 met middagete, met Dimuth Karunaratne op 37* en Kusal Mendis op 19*.

Faf du Plessis wen Kagiso Rabada geluk nadat hy die eerste paaltjie gekry het. Foto: Reuters

Suid-Afrika se boulers het klippe gekou in die eerste uur van spel en daar was bitter min hulp vir Vernon Philander en Dale Steyn met die nuwe bal.

Suid-Afrika het egter beter gelyk toe Kagiso Rabada en die twee draaiers, Tabraiz Shamsi (1/10) en Keshav Maharaj geboul het in die twee uur van die sessie.

Dit is egter klaar duidelik dat die blad hulp aan die draaiers gaan verleen en dat Suid-Afrika Sri Lanka se eerste beurt sal moet beperk.

Die Proteas het na die droë kolfblad gekyk en besluit om eerder hul boulaanval as hul kolflys te versterk.

Die besoekers het vyf spesialisboulers vir die toets gekies met die twee draaibalboulers, Maharaj en Shamsi, wat saam met die naatboulers, Philander, Steyn en Rabada gaan speel.

Dit beteken egter Theunis de Bruyn moes plek maak vir die bykomende bouler en Quinton de Kock gaan op nr. 6 kolf.

Of ’n kolfblad waar ’n mens verwag die draaiers gaan baljaar later in die toets, beteken dit kolwers sal hul kant moet bring.

Rabada het die eerste deurbraak gemaak toe hy van Danushka Gunathilaka ontslae geraak het. Die aanvangskolwer het ’n buiterandjie bygekry en De Kock het die vangskoot geneem.

En 25 minute voor die middagete het Shamsi van Dhananjaya de Silva ontslae geraak. Hy het die bal buite die wegpen vlug gegee. De Silva het probeer dryf, maar die bal het teruggedraai, tussen die beenskut en die kolf gegaan en sy wegpen getref.

Meer oor:  Sri Lanka  |  Toetskrieket  |  Kagiso Rabada  |  Galle  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.