Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Protea-fiksheidspan se nuwe planne

Spelers kan dinge “net tot op ’n punt in die tuin naboots”.

Aan die woord is die fiksheidskundige Adrian le Roux, wat toegee dat krieketspelers nou ’n groot behoefte het om ook aan hul krieketvaardighede aandag te begin gee – die boulers moet boul en die kolwers moet kolf.

Le Roux is een van Krieket Suid-Afrika se span kundiges wat na die fiksheid van die land se voorste krieketspelers omgesien het sedert die begin van die Covid-19-inperkingstyd.

Die nuwe vlak 3-regulasies sal hulle straks toelaat om hul kondisioneringsprogram aan te pas, omdat daar nou enige tyd van die dag geoefen kan word.

Anrich Nortjé sê hy kon tydens vlak 4 van die nasionale inperking darem steeds baie gimnasium-werk doen. Foto: Gallo Images

Le Roux en die nasionale span se vorige fisioterapeut, Brandon Jackson, het Woensdag met Tumi Masekela en Craig Govender, onderskeidelik die Proteas se huidige kondisioneringsafrigter en fisioterapeut, vergader.

Nuwe planne sal bespreek word om die spelers algaande gereed te kry.

“Ons het sedert die begin van die inperking die spelers geadviseer en van riglyne voorsien om ’n mate van hul fiksheid te behou,” sê Le Roux, wat as konsultant betrokke is.

Hy was voorheen nie net die Proteas se kondisioneringsafrigter nie, maar het Indië se nasionale span ook in dié hoedanigheid bygestaan.

Hul sogenaamde wintergroep van bykans 50 spelers sluit alle Proteas in, asook die spelers van die Suid-Afrikaanse A-span en opkomende spelers wat moontlik nog vir Suid-Afrika kan speel.

“Ons gaan kyk wat ons nou in plek kan sit, wat natuurlik ook sal afhang van die toegang tot geriewe,” sê Le Roux, wat tot verlede jaar nog die Kolkata Knight Riders vir ’n 12de jaar in die Indiese Premierliga fiks gehou het.

Die Protea-snelbouler Anrich Nortjé sê sy kondisionering is nie beïnvloed nie – hy het ’n paar gewigte en het regdeur die inperking sy gimnasium-werk gedoen.

“Ek sal moet wag om te hoor wat ons mag en nie mag doen nie by St. Georgepark voordat ek soontoe gaan. Op die oomblik weet ek nog nie wat toelaatbaar is nie,” het hy vroeër die week laat weet.

Allan Donald, nuwe afrigter van die Knights, begin ook volgende week in Bloemfontein met enkele van sy spelers oefen.

Meer oor:  Fiksheid  |  Kondisioneringsafrigter  |  Koronavirus  |  Krieket  |  Proteas  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.