Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Protea-kolwer Hamza voer Cobras aan
Zubair Hamza, Dinsdag by die Nuweland-krieketstadion. Hy is die Cobras se kaptein vir die komende seisoen. Foto: Gallo Images

Die Protea-kolwer Zubayr Hamza gaan die Cape Cobras in die komende seisoen aanvoer.

Hamza (25) neem die leisels by Dane Piedt, wat die streekspan aan die einde van verlede seisoen verlaat het om sy loopbaan in die VSA voort te sit.

Die plaaslike seisoen begin op 2 November wanneer die Cobras die Titans in ’n vierdagwedstryd op SuperSportpark in Centurion die stryd aansê. Die begin van die seisoen is met twee maande uitgestel weens die Covid-19-pandemie.

Die Cobras se breier, Ashwell Prince, het gesê hy sien uit daarna om saam met Hamza te werk.

“Hy het reeds die taak verlede seisoen op ’n deeltydse grondslag vervul en ofskoon hy ’n kolwer van wêreldgehalte is, het hy ook bewese leierseienskappe,” het Prince in ’n verklaring gesê.

“Hy lei van voor as kolwer, maar hy dink oor die spel en is ’n ware student van die sport. Hy gaan ’n opwindende groep jong spelers lei en sal goeie ondersteuning van die res van die groep ontvang.”

Hamza het die Cobras-bestuur vir die geleentheid bedank.

“Dit is regtig ’n eer en ’n voorreg. Ek is baie opgewonde oor die talent in ons groep,” sê Hamza.

“Ek het my eie leierskapstyl, maar daar is ’n hele klomp sterk leiers in die groep. Ek sal beslis op hulle steun en staatmaak vir advies deur die hele seisoen,” sê hy.

Wat die kolwers in die Cobras se geledere betref, gaan Hamza, die Malan-broers, Pieter en Janneman, en die paaltjiewagter-kolwer Kyle Verreynne die ruggraat vorm. Laasgenoemde het goed vertoon in die kanse wat hulle die afgelope seisoen in die Protea-span gekry het.

Die belowende jong kolwer Tony de Zorzi het Centurion ook vir die Kaap verruil.

Die veelsydige draaier George Linde sal op sy sukses van die laaste paar jaar wil voortbou en sal straks die boulaanval lei.

Meer oor:  Krieket  |  Cape Cobras
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.