Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Protea-kolwers gly op toetsranglys
Die Indiese topkolwer Rohit Sharma het sy kolf gereeld gelig in die pas afgelope toetsreeks teen Suid-Afrika. Foto: Gallo Images

Die Indiese krieketspeler Rohit Sharma het die derde kolwer van dié land geword om homself in die toptien op die kolfranglyste in al drie formate van die spel te bevind.

Sharma (32) bevind hom op nr. 10 op die jongste toetsranglys ná sy beurt van 212 lopies teen Suid-Afrika in die derde toets in Ranchi. Hy het 529 lopies in vier kolfbeurte in dié reeks opgestapel.

Daarmee volg Sharma, wat tevore in die 22ste plek was, in die voetspore van Indië se kaptein, Virat Kohli en die oud-speler Gautam Gambhir.

Die Aussie Steve Smith beklee steeds die eerste plek, gevolg deur Kohli en Nieu-Seeland se kaptein, Kane Williamson, in die derde plek.

Faf du Plessis in aksie tydens die derde toets teen Indië. Foto: Gallo Images

Ná Suid-Afrika se treurmare in die reeks van drie toetse teen Indië is daar geen Protea meer onder die voorste tien kolwers op die ranglys nie.

Quinton de Kock het van die tiende tot die 13de plek geval, Faf du Plessis van die 11de tot die 16de en Dean Elgar van die 14de tot die 15de plek. Ook Aiden Markram, wat tevore in die 15de plek was, bevind hom nou in die 17de plek.

Wat die boulers betref, is Pat Cummins van Australië steeds in die eerste plek, met die Protea Kagiso Rabada wat hom ook nog in die tweede plek bevind.

Nog ’n Suid-Afrikaner, Vernon Philander, is ook steeds in die agtste plek en die draaier Keshav Maharaj in die 29ste plek. – Sportredaksie

IKR ranglyste

Voorste kolwers: 1. Steve Smith (Aus), 2. Virat Kohli (Ind), 3. Kane Williamson (NS), 4. Cheteshwar Pujara (Ind), 5. Ajinkya Rahane (Ind), 6. Henry Nicholls (NS), 7. Joe Root (Eng), 8. Tom Latham (NS), 9. Dimuth Karunaratne (Sri Lanka), 10. Rohit Sharma (Ind). Suid-Afrikaners: 13. Quinton de Kock (10), 15. Dean Elgar (14), 16. Faf du Plessis (11), 17. Aiden Markram (15).

Voorste boulers: 1. Pat Cummins (Aus), 2. Kagiso Rabada (SA), 3. Jason Holder (Windies). 4. Jasprit Bumrah (Ind), 5. James Anderson (Eng), 6. Trent Boult (NS), 7. Neil Wagner (NS), 8. Vernon Philander (SA), 9. Kemar Roach (Windies), 10. Ravichandran Ashwin (Ind).

Meer oor:  Rohit Sharma  |  Kg Rabada  |  Faf Du Plessis  |  Suid-Afrika  |  Indie  |  Krieket  |  Ranglys  |  Ikr  |  Proteas  |  Sak Uit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.