Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Protea moet wittebrood uitstel

Die snelbouler Anrich Nortjé se wittebrood is vir eers op ys.

Anrich Nortjé Foto: Gallo Images

Dít volg nadat hy die Donderdag ingesluit is in die Proteas se Wêreldbeker-groep. Die 15 uitverkorenes vertrek ’n dag ná sy troue na Engeland.

Hy trou op 18 Mei met sy jare lange liefde, Micaela Kleu.

Die span vertrek die 19de na Engeland, waar hy twee opwarmstryde gaan speel voor hy in die eerste wedstryd van die toernooi op 30 Mei op die Oval teen die gasheer, Engeland, te staan kom.

Proteas se Wêreldbekergroep

“Alles gaan nog voort soos beplan, ek trou nog die 18de, sê ’n opgewonde en verligte Nortjé.

Hy het niks gesê van waar en wanneer sy wittebrood nou gaan wees nie.

Die 25-jarige Nortjé het die seisoen sy buiging vir Suid-Afrika gemaak en vier eendagwedstryde vir die Proteas gespeel.

Nortjé het in die laaste eendagwedstryd teen Sri Lanka ’n skouerbesering opgedoen.

Anrich Norjté en sy verloofde, Micaela Kleu. Foto: Facebook

Hy kon nie in die daaropvolgende T20-reeks teen Sri Lanka speel nie en moes hom toe ook aan die Indiese Premierliga onttrek, waar hy vir die Kolkata Knight Riders sou gespeel het.

“Ja, dit was nou nie die beste tyd om ’n besering op te doen nie.

“’n Ou kon al daardie wedstryde ook gebruik het om jou kanse te verstewig.”

Hy sê hy het heeltyd geweet hy het nog ’n goeie kans om steeds die span te haal, maar erken die senuwees het maar geknaag.

Hy het intussen gimnasiumwerk gedoen en net gehou by by die herstelprogram wat hy moes volg met sy skouer.

Meer oor:  Wêreldbekerkrieket  |  Anrich Nortjé  |  Wittebrood  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.