Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Protea-raaisel: Dís wat Temba-hulle lees

Temba Bavuma en sy span het krieketondersteuners Woensdag behoorlik aan die raai gehad. Wát is op daardie velletjie papier wat die Protea-kaptein so noukeurig bestudeer het in Pakistan se kolfbeurt in die derde eendagwedstryd in Centurion?

Temba Bavuma en Tabraiz Shamsi bestudeer die papiertjie. Foto: Skermgreep/SuperSport
Rassie van der Dussen en Mark Boucher bekyk die papiertjie. Foto: Skermgreep/SuperSport

Later, toe die Proteas gekolf het, het die papiertjie wéér te voorskyn gekom – dié keer in die Protea-kleedkamer. Die afrigter Mark Boucher en die beseerde Rassie van der Dussen het dit geraadpleeg. Later het SuperSport se kameras op Bavuma en Tabraiz Shamsi gefokus terwyl hulle die papiertjie bestudeer.

Op sosiale media het dit gegons: Is dit dalk liefdesbriewe? Instruksies van AB de Villiers? Chris Morris se belastingopgawes? Premierliga-permutasies vir Arsenal om die toptien te haal? Die Uber Eats-rekening? Antie Mona se rubriek in Son?

Die waarheid is ongelukkig veel saaier.

“Dit was maar net teikens,” het Boucher geantwoord ná die wedstryd, wat Pakistan met 28 lopies gewen het.

“Teikens wanneer ons kolf, want soms as jy ’n groot telling jaag, help dit om dit in klein teikens op te breek. Dit neem die druk van die kolwers af, sodat hulle nie paniekerig raak nie.

Temba Bavuma se ‘geheime’ papiertjie het krieketliefhebbers op sosiale media aan die gons gehad in die derde eendagwedstryd tussen Suid-Afrika en Pakistan. Foto: Skermgreep/SuperSport

“Dieselfde wanneer ons boul ook. Een van die dinge wat ons kelder, is dat ons die klein oomblikke nie goed speel nie. Ons stel dus teikens aan ons boulers en probeer só om die skade te beperk en die wedstryd te bestuur.

“Dis basies net ’n maatstaf van waar ons wil wees op enige gegewe tyd in die wedstryd.”

Op Bavuma se blaadjie kon daar byvoorbeeld staan die Proteas se mikpunt is om Pakistan teen die 15de boulbeurt tot onder 60 lopies te beperk. Of dat die boulers in boulbeurte 20 tot 35 slegs 70 lopies wou afstaan, of so iets.

Vir die gewone kyker dus ietwat vervelig. Veel verveliger as Antie Mona se rubriek in Son.

Meer oor:  Eendagkrieket  |  Proteas  |  Centurion
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.