Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Protea-rapport: Dean trap minste klei

Die Proteas is ’n vernederende toetsreeksnederlaag van 3-0 in Indië toegedien. Tinus van Staden beoordeel die spelers se vertonings met ’n punt uit tien.

VISAKHAPATNAM, INDIA - OCTOBER 04: Dean Elgar of S
Dean Elgar. Foto: Gallo Images
Dean Elgar 6

(Drie toetse: 232 lopies teen ’n gemiddeld van 46.40, 1 x honderdtal; 1 paaltjie teen ’n gemiddeld van 30)

Kolf briljant vir sy 160 in die eerste toets en kom amper weer by 50 uit in die tweede toets, maar verder as dit sukkel hy net soos sy spanmaats.


VISAKHAPATNAM, INDIA - OCTOBER 04: Quinton de Kock
Quinton de Kock. Foto: Gallo Images
Quinton de Kock 4

(Drie toetse: 156 lopies teen 26, 1 x honderdtal; 2 vangkanse en 2 stonkkanse)

Skitter in sy eerste beurt met ’n aanvallende, berekende 111. Kon daarna glad nie hond haaraf maak nie. Kry nie veel kanse agter die penne nie. Hy en Rabada vloek ook op mekaar in die tweede toets, waar almal dit op televisie kan hoor.


VISAKHAPATNAM, INDIA - OCTOBER 03: Senuran Muthusa
Senuran Muthusamy. Foto: Gallo Images
Senuran Muthusamy 3

(Twee toetse: 98 lopies teen 49; 2 paaltjies teen 90)

Sy eerste toetspaaltjie is dié van Virat Kohli, maar maak nie juis verder ’n indruk met die bal nie. Hy bewys homself as ’n behendige kolwer.


RANCHI, INDIA - OCTOBER 20: George Linde of South
George Linde. Foto: Gallo Images
George Linde 4

(Een toets: 4 paaltjies teen 33.25; 64 lopies teen 32)

Hy was een van die spelers wat sy reputasie ’n hupstoot gegee het met die kans wat hy in die laaste toets gekry het.


RANCHI, INDIA - OCTOBER 21: Zubayr Hamza of South
Zubayr Hamza. Foto: Gallo Images
Zubayr Hamza 4

(Een toets: 62 lopies teen 31, 1 x vyftigtal)

Speel skitterend in die eerste beurt van die laaste toets vir sy eerste toetsvyftigtal – die enigste toets waarin hy kans kry. Kry daarna ongelukkig ’n nulletjie.


PUNE, INDIA - OCTOBER 10: Vernon Philander of Sout
Vernon Philander. Foto: Gallo Images

Vernon Philander 3

(Twee toetse: 2 paaltjies teen 77.50; 81 lopies teen 27)

Hy boul ekonomies soos altyd en staan 2.58 lopies per beurt af, maar die Indiese kolwers sien hom gewoon uit sonder om te waag. Makeer spoed om op ’n dooie blad invloedryk te wees.


PUNE, INDIA - OCTOBER 12: Keshav Maharaj of South
Keshav Maharaj. Foto: Gallo Images
Keshav Maharaj 2

(Twee toetse: 6 paaltjies teen 85.66; 103 lopies teen 25.75, 1 x vyftigtal)

Hy boul ’n allemintige 127 boulbeurte in drie Indiese kolfbeurte, maar stel baie teleur as die voorste draaier. Hy toets die Indiese kolwers min en dreig selde. Slaan ’n vyftigtal in die tweede toets.


Kagiso Rabada. Foto: Gallo Images
Kagiso Rabada 4

(Drie toetse: 7 paaltjies teen 40.71)

Hy was so-so op dag een van die tweede toets, toe hy drie paaltjies platgetrek het. Verder was hy nêrens, al het hy met tye opsigtelik hard probeer. Hy het ook baie goed geboul in die eerste sessie van die derde toets, maar het later sy venyn verloor. Dis hartseer dat die Protea-kroonjuweel sy glans kwyt blyk te wees.


Faf du Plessis. Foto: Gallo Images

Faf du Plessis 2

(Drie toetse: 142 lopies teen 23.66, 2 x vyftigtalle)

Hy slaan twee vyftigtalle, maar die span het van sy leier en beste kolwer ’n groter telling of twee nodig gehad. Sy taktiese besluite word met tye bevraagteken, soos toe hy in die eerste toets drie draaiers gekies het. Hy bly ’n belangrike speler vanweë sy ervaring, kolftalent en leierskap.


RANCHI, INDIA - OCTOBER 19: Anrich Nortje of South
Anrich Nortjé. Foto: Gallo Images
Anrich Nortjé 2

(Twee toetse: 1 paaltjie teen 179)

Sy eerste en enigste toetspaaltjie is dié van Virat Kohli, wat hy met ’n mooi inswaaier been voor paaltjie betrap. Sukkel baie met bestendigheid.


RANCHI, INDIA - OCTOBER 19: Heinrich Klaasen of So
Heinrich Klaasen. Foto: Gallo Images
Heinrich Klaasen 2

(Een toets: 11 lopies teen 5.5; 3 vangkanse, 1 stonkkans)

Betreklik skerp agter die penne in sy buiging in die laaste toets. Sukkel met die kolf.


Theunis de Bruyn. Foto: Gallo Images

Theunis de Bruyn 1

(Drie toetse: 82 lopies teen 16.40)

Sukkel weer eens om sy stempel af te druk op toetsvlak. Het ook baie talent, maar kon dit nog nie op die groot verhoog tentoonstel nie.


Temba Bavuma
Temba Bavuma. Foto: Gallo Images
Temba Bavuma 1

(Drie toetse: 96 lopies teen 16)

Stel keer op keer teleur met die kolf. Hy het talent en ’n goeie tegniek, maar moet eenvoudig begin groot tellings aanteken.


VISAKHAPATNAM, INDIA - OCTOBER 06: Aiden Markram o
Aiden Markram. Foto: Gallo Images

Aiden Markram 1

(Twee toetse: 44 lopies teen 11)

Nog ’n uiters teleurstellende toer in die subkontinent vir hom. Benewens sy lopiedroogte, laat hy die span in die steek toe hy sy hand breek nadat hy uit frustrasie ’n “soliede voorwerp”, vermoedelik ’n muur, slaan.


RANCHI, INDIA - OCTOBER 19: Dane Piedt of South Af
Dane Piedt. Foto: Gallo Images

Dane Piedt 1

(Twee toetse: 2 paaltjies teen 155; 83 lopies teen 20.75, 1 x vyftigtal)

Was dit nie vir sy vyftigtal nie, het hy sweerlik 0 gekry. Het absoluut geen invloed as ’n voorslagdraaier nie. Die Indiese kolwers timmer hom na elke uithoek van die veld.


RANCHI, INDIA - OCTOBER 20: Lungi Ngidi of South A
Lungi Ngidi. Foto: Gallo Images

Lungi Ngidi 1

(Een toets: 0 paaltjies)

Speel slegs in die laaste toets en eindig met 0/83 in 20 boulbeurte.

Meer oor:  Indië  |  Toetskrieket  |  Protea-Rapport  |  Indië-Toer  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.