Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Protea-vroue het nou Spele in visier
Die Suid-Afrikaanse vrouekrieketspan hou kajuitraad tydens ’n kragmeting by die T20-Wêreldbeker-toernooi in 2020 in Australië. Foto: Getty Images

Planne word beraam vir die Suid-Afrikaanse vrouekrieketspan om in Januarie die eerste keer in amper ’n jaar weer in wedstryde betrokke te wees.

Sedert die Proteas vroeg in Maart in die halfeindronde van die T20-Wêreldbeker-toernooi teen Australië in Sydney verloor het, was die span nog nie weer in aksie nie. Kort ná daardie toernooi is die wêreld deur ’n Covid-19-streepbal geboul, wat alle beplanning by die deur uitgegooi het.

Die Engelse en Walliese Krieketraad het Woensdag in ’n verklaring aangekondig dat ’n eendag- en T20-reeks tussen Suid-Afrika en Engeland in 2021 in Brittanje beplan word. Die verwagting is dat dit in die Engelse somer sal plaasvind.

Maar daar word verneem dat Krieket Suid-Afrika beplan om van Januarie tot Maart spanne na Suid-Afrika te bring vir wedstryde teen die Protea-vroue.

Met die oog op die Statebondspele in 2022 in Birmingham, waar vrouekrieket (T20-formaat) ’n eerste keer gespeel gaan word, is dit goeie nuus.

Met die oog op die Statebondspele in 2022 in Birmingham, waar vrouekrieket (T20-formaat) ’n eerste keer gespeel gaan word, is dit goeie nuus.

Die Internasionale Krieketraad (IKR) het Woensdag in ’n verklaring bevestig dat Engeland as gasheer outomaties sal kwalifiseer. Die ander ses spanne wat op 1 April 2021 die hoogste op die IKR se ranglys is, sal ook op die vliegtuig na Engeland wees.

Die agtste plek sal ingeneem word deur die wenner van ’n kwalifiserende kragmeting vir die Statebondspele.

Laura Wolvaardt

Die Windies sal ’n onderlinge toernooi hou om te bepaal wie die Karibiese Eilande sal verteenwoordig, omdat die lande waaruit die Windies bestaan, individueel aan die Statebondspele deelneem. Dít indien die Wes-Indiese Eilande wel kwalifiseer.

Suid-Afrika is tans vyfde op die ranglys vir T20-spanne en sal dus met die beplande wedstryde die geleentheid kry om sy posisie op die ranglys te verbeter en Jan Tuisbly se karretjie vir die Statebondspele te vermy.

’n Hele klomp van die Proteas soos Dané van Niekerk, Marizanne Kapp, Laura Wolvaardt en Lizelle Lee neem tans in Australië aan die Big Bash-T20-reeks deel en is dus nie verroes nie.

Die eerste en enigste vorige keer wat krieket deel was van die Statebondspele-program, was in 1998 in Kuala Lumpur, toe daar ’n kompetisie vir mans was. Suid-Afrika het toe goud verower deur Australië in die eindstryd te klop.

Meer oor:  Laura Wolvaardt  |  Marizanne Kapp  |  Suid-Afrika  |  Ksa  |  Reeks  |  Vrouekrieket  |  Ikr  |  Proteas  |  Toer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.