Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Protea-vroue moet nou sterk staan

’n Reeksoorwinning teen Engeland is binne die bereik van die Protea-vrouekrieketspan – mits hulle nie grootoog is nie en vergeet dat hulle teen die wêreldkampioen speel.

Suné Luus skuld haar span ’n goeie vertoning met die kolf. Hier is sy verlede jaar in aksie teen Pakistan tydens die Wêreldbeker-toernooi. Foto: Getty Images

Die twee spanne is Vrydag in die derde en beslissende eendagwedstryd in Canterbury slaags.

Nou is die tyd vir Dané van Niekerk en haar troepe om die doodskoot te gee.

In die eerste wedstryd was die Proteas klinies in alle aspekte van die spel, net om Dinsdag in die tweede kragmeting met ’n ondergemiddelde boulvertoning vorendag te kom.

Van Niekerk het ná Dinsdag se kragmeting toegegee die span se vertoning was nie na wense nie.

“Hulle (Engeland) het regtig goed gespeel en die wedstryd beheer. Ons het verwag dat ons paaltjies gaan verloor, maar die frustrerende ding vir my was dat ons nie baklei het vir ons paaltjies op ’n kolfblad wat geen swaai gehad het nie,” sê Van Niekerk.

Die Protea-boulers, Shabnim Ismail en Ayabonga Khaka, het Dinsdag deurgeloop en sal met ’n beter vertoning vorendag wil kom.

Boonop skuld die topordekolwer Suné Luus die span ook ’n goeie vertoning met die kolf. Sy kon in die twee wedstryde tot dusver slegs 0 en 2 aanteken.

Kom die Proteas in Canterbury met ’n spanpoging vorendag en baklei vir ’n reeksoorwinning, is glorie binne sy bereik.

Meer oor:  Vrouekrieket  |  Proteas  |  Protea-Vrouekrieketspan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.