Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Protea-vroue se Kapp bly koelkop

Die Protea-vrouekrieketspan se Marizanne Kapp het Saterdag in Pietermaritzburg gewys dat daar nie ’n plaasvervanger vir ervaring is nie.

Marizanne Kapp/Foto: Gallo Images

Suid-Afrika het Pakistan in die tweede T20-wedstryd in die reeks van vyf tussen die twee spanne met agt paaltjies geklop, met Kapp (56*, 51 balle) wat die wenlopies van die voorlaaste bal aangeteken het.

Die besoekers het eerste gekolf en ’n beskeie 128/5 in sy 20 boulbeurte aangeteken, waarna die Proteas op 129/2 in 19.5 boulbeurte geëindig het.

Die Proteas se aanvangskolwers, Lizelle Lee (56, 52 b) en Tazmin Brits (17, 16 b), het 31 lopies om die eerste paaltjie aangeteken, voordat Sana Mir Brits se paaltjie opgeëis het.

Daarna het Lee en Kapp 96 lopies om die tweede paaltjie aangeteken, voordat Lee met die derde laaste bal van die beurt haar paaltjie verloor het.

Dit het Kapp, wat haar T20-debuut in 2009 gemaak het, egter nie van stryk gebring nie en sy het die wenlopies van die volgende bal af aangeteken.

Met Pakistan wat die eerste wedstryd gewen het, is die spanne nou met 1-elk gelyk in die reeks van vyf wedstryde. Die derde kragmeting is Sondag, ook in Pietermaritzburg.

Meer oor:  Pietermaritzburg  |  Marizanne Kapp  |  Lizelle Lee  |  Protea-Vroue  |  Krieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.