Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Protea-vroue skep asem ná sege
Chloe Tryon (links) en Sune Luus verlaat Sondag die veld nadat hulle die Proteas se oorwinning oor Nieu-Seeland met die kolf verseker het. Foto: Getty Images

Die Protea-vrouespan het Sondagoggend (SA tyd) op die Basin Reserve in Wellington die derde T20-wedstryd teen Nieu-Seeland met vyf paaltjies gewen om sy kanse in die reeks lewendig te hou.

Die White Ferns is na dese met 2-1 voor in die reeks van vyf kitskragmetings.

Die Proteas het eerste veldwerk gedoen en die boulers het uit die staanspoor die grondslag vir die oorwinning gelê.

Ayabonga Khaka was aan die spits van die aanval met ’n indrukwekkende ontleding van 2/14 in haar drie beurte. Marizanne Kapp en Shabnim Ismael, die aanvangsboulers, het die Kiwi’s laat bontstaan, maar bottervingers op die veld het verhoed dat hulle vroeg ’n deurbraak kon bewerkstellig.

Die Ferns het die gelukkies benut en met mening losgetrek. Dit het gelyk of ’n groot teiken die besoekers se voorland gaan wees, voordat Khaka as eerste aflosbouler toegeslaan het om Rachel Priest (14) se beurt kort te knip.

Die gevaarlike kolfkombinasie van Sophie Devine en Suzie Bates was hierna voor die penne, maar die Proteas het dié in die kiem gesmoor toe Bates op 23 uitgehardloop is.

Die gevaarlike kolfkombinasie van Sophie Devine en Suzie Bates was hierna voor die penne, maar die Proteas het dié in die kiem gesmoor toe Bates op 23 uitgehardloop is.

Devine, die tuisspan se kaptein wat tans skitterend op dreef is, het nogmaals haar waarde gewys met ’n blitsige 77 van 57 aflewerings.

Ondersteuning was daar egter nie. Die een ná die ander kolwer om haar het hul paaltjies verloor totdat sy in die 17de beurt sélf die pad paviljoen toe moes kies, nadat Chetty ’n vangskoot benut het van die boulwerk van Sune Luus.

Die tuisspan het nogtans ’n heel skaflike 153/5 in sy 20 beurte aangeteken.

In hul jaagtog na die teiken het die Proteas soos ’n sneltrein afgesit, met Van Niekerk wat 42 van 40 balle getimmer het. Die wenlopies is geslaan met nog vyf kolwers en twee aflewerings tot die span se beskikking.

Met die telling op 56/3 het Mignon du Preez (23 van 22) saam met Van Niekerk die skip op koers gehou.

Die veelsydige Chloe Tryon het hierna vuurwerk verskaf met ’n blitsige 34 van 16 aflewerings, wat drie sesse en twee viere ingesluit het. – Sportredaksie; cricket.co.za

Meer oor:  Sune Luus  |  Chloe Tryon  |  Nieu-Seeland  |  Suid-Afrika  |  Krieket  |  T20-Reeks  |  Reeks  |  Protea-Vroue
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.