Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Protea-vroue struikel kort voor WB
Mignon du Preez het Donderdag die beste met die kolf gevaar vir die Proteas se vrouespan. Foto: Getty Images

’n Rapsie meer as twee weke voor die aanvang van die T20-Wêreldbekertoernooi vir vroue, flikker die gevaarligte vir Suid-Afrika se krieketspan.

Ná ’n puik eendagreeks, het die Proteas Donderdag ’n tweede agtereenvolgende nederlaag in die T20-reeks teen Nieu-Seeland gely.

Die Kiwi’s het die tweede stryd in die reeks van vyf tussen dié twee lande met vyf paaltjies in Hamilton gewen.

Suid-Afrika het eerste gekolf en was ná 19.4 boulbeurte almal terug in die paviljoen vir ’n skrale 119 lopies. Die tuisspan (120/5) het die wenlopies in die 19de boulbeurt aangeteken.

Die Proteas se aanvangskolwer Lizelle Lee (2, 5 balle) het reeds in die tweede boulbeurt haar paaltjie verloor, waarna die paaltjies met reëlmaat geval het.

Slegs drie Suid-Afrikaners, Mignon du Preez (40, 26 b), Dané van Niekerk (25, 22 b) en Laura Wolvaardt (22, 18 b), kon dubbelsyfers met die kolf behaal.

Die besoekers se naatbouler Ayabonga Khaka het die beste met die bal gevaar, deur 2/24 in vier boulbeurte plat te trek.

Die derde wedstryd in die reeks word Sondag in Wellington beslis. Die Kiwi’s het die eerste wedstryd op ’n drafstap met nege paaltjies gewen.

* Die Wêreldbeker-toernooi begin op 21 Februarie in Australië. – Sportredaksie

Meer oor:  Dane Van Niekerk  |  Mignon Du Preez  |  Nieu-Seeland  |  Hamilton  |  Protea-Vroue  |  Krieket  |  Kiwi's
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.