Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Protea-vroue verloor reeks teen Kiwi’s
Laat jou hakke raas! Laura Wolvaardt nadat sy Dinsdag vir agt lopies skoongeboul is. Foto: Getty Images

Nog ’n onbeholpe vertoning met die kolf het die Suid-Afrikaanse vrouekrieketspan tot ’n reeksnederlaag in die T20-reeks teen Nieu-Seeland verdoem.

Die Kiwi’s het die reeks beklink deur die besoekers Maandag met 69 lopies in die vierde wedstryd van die reeks in Wellington te klop. Die tuisspan loop daarmee voor met 3-1, met die laaste wedstryd wat Donderdag beslis word.

Nieu-Seeland het eerste gekolf en 171/2 in 20 boulbeurte aangeteken, waarna die Suid-Afrikaners almal terug in die kleedkamer was vir 102 lopies in 17 boulbeurte.

Die Kiwi’s se aanvangskolwer Sophie Devine (105, 65 balle) en Suzie Bates (47*, 46 b) het die Proteas se boulers raadop gehad. Veral Devine het behoorlik met die kolf ingeklim en 12 viere en drie sesse gemoker.

Maar die groot kopseer is Suid-Afrika se kolwers wat nogmaals gesukkel het om lopies aan te teken. Lizelle Lee (25) en Suné Luus (16) het die beste van die besoekers met die kolf gevaar.

Iemand soos die aanvangskolwer Laura Wolvaardt se peil moet kommer wek met die T20-Wêreldbeker-toernooi wat aanstaande week in Australië begin.

Sy het in die eerste wedstryd in die reeks ’n skaflike 33 aangeteken, maar dit sedertdien opgevolg met tellings van 22, 1 en 8.

* Krieket Suid-Afrika het die naweek aangekondig dat Momentum voortaan die hoofborg van die vrouespan sal wees. Dié ooreenkoms is onmiddellik van krag en sal vir die volgende vier jaar geld – tot aan die einde van die 2023-’24-seisoen. – Sportredaksie

* Telkaart: https://www.espncricinfo.com/series/19324/scorecard/1187720/new-zealand-women-vs-south-africa-women-4th-t20i-south-africa-women-in-nz-2019-20

Meer oor:  Protea-Vroue  |  Krieket  |  T20-Reeks  |  Nieu-Seeland  |  Laura Wolvaardt
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.