Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Proteas almal korona-vry, sê dokter

Die Protea-krieketspan se tydperk van self-isolasie ná hul terugkeer uit Indië het goed afgeloop en nie een van die spelers het Covid-19 onder lede nie.

Dokter Shuaib Manjra, Krieket Suid-Afrika (KSA) se mediese hoof, het Donderdag gesê hul tydperk van selfkwarantyn is nou amptelik verby, maar dat die spelers steeds die staat van inperking nakom wat die regering verlede week ingestel het.

Dokter Shuaib Manjra, KSA se mediese hoof. Foto: Gallo Images

“Die Proteas het op 18 Maart van hul toer in Indië teruggekeer, in die vroeë stadium van die Covid-19-pandemie,” sê Manjra. Suid-Afrika was in Indië vir ’n reeks van drie eendagwedstryde. Die eerste wedstryd het uitgereën en die volgende twee is weens vrese oor die verspreiding van Covid-19 afgelas.

Die span is daarna terug na Suid-Afrika gebring.

“Met hul terugkeer is die Proteas as voorsorgmaatreël vir 14 dae in self-kwarantyn geplaas. Tydens dié tydperk het ons die spelers voortdurend gemonitor vir simptome van die siekte.

“Gelukkig is al die spelers simptoomvry en diegene wat besluit het om die toets te neem, is negatief getoets.

“Ons beskou dit dus dat al die spelers uit kwarantyn is, maar hulle gee gehoor aan die regering se opdrag om in ’n staat van inperking te bly. Ons is bewus daarvan dat spelers ’n sekere standaard van fiksheid moet handhaaf.

“In dié verband is daar kommunikasie aan hulle gestuur en hulle sal by hul eie huise aan hul fiksheid bly werk.”

Tumi Masekela, die Proteas se fiksheidsafrigter, het weer benadruk die tydperk van inperking gee vir die spelers ruskans en diegene met skete ’n geleentheid om rehabilitasie te doen en volkome te herstel. Die spelers is deurentyd in verbinding met Masekela.

“Hulle sê watter toerusting hulle by die huis het en dan gee ons vir hulle oefeninge om te doen, sodat hulle hul fiksheid kan behou,” sê Masekela.

Baie van die spelers het gimnasiums by hul huise, so hulle kan hul gewone oefenprogramme volg. Kardio-oefeninge gaan volgens Masekela baie belangrik wees in die volgende twee weke.

“As die situasie vir lank só aanhou, wil ons nie hê die spelers moet hul fiksheidsvlakke verloor nie. Hulle het baie hard gewerk die laaste paar jaar om dié vlak te bereik.”

Meer oor:  Koronavirus  |  T20  |  Toetskrieket  |  Eendagkrieket  |  Proteas  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.