Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Proteas, Engelse se reeks uitgestel
Kugandrie Govender, waarnemende uitvoerende hoof van Krieket Suid-Afrika. Foto: Getty Images

Die oorblywende wedstryde van die eendaagse krieketreeks tussen die Proteas en Engeland is tot ’n onbepaalde datum in die toekoms uitgestel.

Krieket Suid-Afrika (KSA) en die Engelse Krieketraad (ECB) het Maandag ’n gesamentlike verklaring uitgestuur waarin hulle die besluit aangekondig het.

Die twee krieketrade het bevestig dat ’n reeks van drie eendaagse wedstryde tussen die spanne in Suid-Afrika iewers wel voltooi moet word aangesien die reeks deel vorm van die Internasionale Krieketraad se Superliga vir mans.

“Die sielkundige impak op die twee spanne, ná alles wat die laaste paar dae gebeur het, is nie iets wat ons of die ECB ligtelik opneem nie,” sê Kugandrie Govender, waarnemende uitvoerende hoof van KSA.

Ons wil die ECB bedank vir die goeie verhouding wat ons steeds met hom het. Ons sien uit daarna om hulle binnekort weer in Suid-Afrika te ontvang.
Kugandrie Govender

“Ons wil die ECB bedank vir die goeie verhouding wat ons steeds met hom het. Ons sien uit daarna om hulle binnekort weer in Suid-Afrika te ontvang,” sê Govender.

Die eerste wedstryd in die reeks van drie kragmetings sou die afgelope Vrydag op Nuweland plaasgevind het, maar is op die nippertjie uitgestel tot Sondag nadat een van die Proteas positief getoets is vir die koronavirus.

Sondag se wedstryd, wat in die Paarl sou plaasvind, het toe ook nie plaasgevind nie nadat twee personeellede van die hotel waar die Proteas en Engelse in Kaapstad tuisgaan, ook positief getoets is.

KSA het toe laat Sondagaand aangekondig dat Maandag se wedstryd op Nuweland ook uitgestel word en dat ’n finale besluit geneem sou word nadat die Engelse span weer vir die koronavirus getoets is. Daar was toe nog hoop dat daar Dinsdag en Woensdag wedstryde gespeel kon word voordat die Engelse Donderdag op ’n huurvlug terugkeer huis toe.

Daardie hoop is egter Maandagmiddag verydel.

• Meer volg later.

Meer oor:  Kugandrie Govender  |  Engeland  |  Suid-Afrika  |  Krieket  |  Ksa  |  Witbalreeks  |  Covid-19  |  Ecb  |  Afgelas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.