Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Proteas gooi in Julie ’n Ierse draai

Suid-Afrika sal in Julie vir die eerste keer nog ’n volwaardige kriekettoer na Ierland onderneem.

Die Proteas sal van 11 tot 25 Julie in drie eendag- en drie T20-wedstryde teen die Iere speel, het Krieket Suid-Afrika (KSA) Maandag in ’n verklaring bekend gemaak. Die eendagwedstryde maak deel van die Internasionale Krieketraad se Wêreldbeker-superliga uit.

Temba Bavuma in 2016 na sy honderdtal teen Ierland op pad. Foto: Gallo Images

Dit is die eerste keer dat Suid-Afrika vir meer as een wedstryd na Ierland sal reis. Hul enigste vorige besoek aan Ierland was in Junie 2007 toe hulle ’n eendagwedstryd in Belfast gespeel het.

Graeme Smith, KSA se direkteur van krieket, het Ierland bedank vir sy samewerking en bereidwilligheid om die toerprogram aan te pas.

“Ierland het hom die laaste paar jare as ’n hoogs mededingende span bewys. Dit sal ons spelers baat om verdere internasionale ervaring in onbekende toestande op te doen,” sê Smith.

Warren Deutrom, Krieket Ierland se uitvoerende hoof, sê hulle sien daarna uit om Suid-Afrika die eerste keer in 14 jaar terug te verwelkom.

Die Proteas het al vyf eendagwedstryde teen Ierland gespeel en elkeen gewen. Dit sluit in wedstryde in die Wêreldbeker-toernooie van 2007, 2011 en 2015, sowel as ’n wedstryd in Suid-Afrika 2016, waarin Temba Bavuma ’n honderdtal aangeteken het.

Suid-Afrika het Ierland nog nooit in ’n T20-wedstryd gepak nie.

Bepalings

Sondag, 11 Julie: 1ste eendagwedstryd, Malahide.

Dinsdag, 13 Julie: 2de eendagwedstryd, Malahide.

Vrydag, 16 Julie: 3de eendagwedstryd, Malahide.

Dinsdag, 20 Julie: 1ste T20-wedstryd, Malahide.

Donderdag, 22 Julie: 2de T20-wedstryd, Stormont.

Sondag, 25 Julie: 3de T20-wedstryd, Stormont.


Meer oor:  Krieket  |  T20  |  Eendagreeks  |  Ierland  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.