Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Proteas kry straks nuwe keurderbaas

Linda Zondi het bevestig sy termyn as keurderbaas van die Proteas-krieketspan verstryk ná die Wêreldbeker-toernooi in Engeland.

Hy het die leisels in 2015 ná die vorige WB-toernooi in Australasië by Andrew Hudson oorgeneem.

Linda Zondi. Foto: Gallo Images

Hudson, ’n voormalige aanvangskolwer van die Proteas, het sedert 2010 ’n verlengde termyn as die sameroeper van die nasionale keurders gehad.

Die 42-jarige Zondi meen hy het nog baie om te bied en hoop om nog betrokke te bly. Soos sake nou staan, eindig sy termyn vanjaar.

Daar word ook verwag dat Mohammed Moosajee, die spanbestuurder, die span ná ’n dekade sal groet. Moosajee, ook ’n dokter, is sedert 2008 betrokke.

Krieket Suid-Afrika het in die verlede telkens sy arm gedraai om nog aan te bly.

Jeremy Fredericks was verlede jaar saam met die Suid-Afrika A-span in Indië en is as die naasbestes se spanbestuurder behou.

Die skouspel in Engeland, wat einde Mei begin, kan die swanesang van ’n handvol spelers in internasionale eendagwedstryde wees.

Spelers soos Faf du Plessis, Imran Tahir en JP Duminy sal nog beskikbaar wees vir die T20-Wêreldtoernooi, wat van 18 Oktober tot 15 November 2020 in Australië gehou gaan word.

Die voorslagbouler Dale Steyn (35) kan luidens vroeëre berigte hom voortaan net op toetskrieket toespits.

’n Aankondiging word ook van die 36-jarige Hashim Amla verwag.

Die voormalige kaptein AB de Villiers was die enigste speler van 2015 se WB-groep wat intussen sy uittrede van internasionale krieket aangekondig het.

Sewe spelers van 2015 wat ook in die halfeindstryd in Auckland gespeel het – Du Plessis, Amla, Duminy, Tahir, Steyn, David Miller en Quinton de Kock – is vanjaar weer in die WB-groep.

Vier spelers van 2015 se groep – Rilee Rossouw, Kyle Abbott (albei Hampshire), Wayne Parnell (Worcestershire) en Morné Morkel (Surrey) – het sedertdien Kolpak-kontrakte met graafskappe in Engeland geteken.

* KSA se prysuitdeling sal vroeg in Augustus gehou word, anders as verlede jaar toe dit in Junie gehou is.

Meer oor:  Proteas  |  Linda Zondi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.