Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Proteas pak Indië eerste Doer Onder

Indië se Virat Kohli en kie wag volgende jaar in Perth op die Proteas in hul eerste wedstryd in die T20-Wêreldtoernooi in Australië.

Virat Kohli saam met Quinton de Kock tydens die onlangse T20-reeks tussen Indië en Suid-Afrika. Foto: Gallo Images

Indië het reeds vier van dié spanne se vyf wedstryde in T20-Wêreldtoernooie gewen.

Suid-Afrika se ander groepwedstryde word in Sydney en Adelaide gespeel. Engeland en Afganistan is – soos in 2016 se toernooi in Indië – weer in Suid-Afrika se groep.

Die Proteas se laaste twee groepwedstryde is teen twee kwalifiseerders.

Volgens icc-cricket.com sal vier van die agt voornemende kwalifiseerders dit volgende jaar vanaf 18 tot 23 Oktober uitspook om die Super12-fase van die T20-Wêreldtoernooi te haal.

Die hoopvolles in Groep A is Sri Lanka, Ierland, Papoea-Nieu-Guinee en Oman. Groep B bestaan uit Bangladesj, Namibië, Nederland en Skotland.

Die twee topspanne in elke groep sal dan toegevoeg word by die twee groepe wat dit verder in die Super12-fase uitspook.

Suid-Afrika het in ses probeerslae sedert 2007 nog net twee keer die halfeindronde van die T20-Wêreldtoernooi – in 2009 en 2014 – gehaal. – Sport 24, Sportredaksie

Proteas-program: 

24 Oktober: Proteas t Indië (Perth)

30 Oktober: Proteas t. Engeland (Sydney)

1 November: Proteas t. Afganistan (Adelaide)

5 November: Proteas t. A2-kwalifiseerder (Adelaide)

8 November: Proteas t. B1-kwalifiseerder (Sydney)

Die twee halfeindstryde word op 11 en 12 November in Sydney en Adelaide gespeel met die eindstryd op 15 November in Melbourne

Meer oor:  Proteas  |  T20-Wêreldtoernooi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.