Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Proteas roep Reeza Hendricks op

Reeza Hendricks het hom Saterdagaand by die Protea-groep aangesluit as dekking vir die beseerde Temba Bavuma en Heinrich Klaasen.

Hendricks is nie by die oorspronklike groep vir die T20-reeks teen Australië ingesluit nie.

Reeza Hendricks is opgeroep vir die Proteas se T20-groep. Foto: Getty Images

Bavuma sukkel met ’n regterdyspierbesering en Klaasen het ’n regterheupbesering opgedoen tydens die opwarming vir die eerste wedstryd teen die Aussies Vrydag in Johannesburg. Klaasen het dié wedstryd misgeloop met Jon-Jon Smuts wat in sy plek gespeel het.

Suid-Afrika het die eerste wedstryd met ’n rekordtelling van 107 lopies verloor.

Bavuma en Klaasen bly albei by die span en sal voortdurend ondersoek word.

Ná Sondag se tweede wedstryd in Port Elizabeth, vertrek die spanne na Kaapstad vir die derde wedstryd Woensdag op Nuweland.

* Groep: Quinton de Kock (k), Faf du Plessis, Rassie van der Dussen, David Miller, Pite van Biljon, Dwaine Pretorius, Andile Phehlukwayo, Jon-Jon Smuts, Kagiso Rabada, Tabraiz Shamsi, Lungi Ngidi, Bjorn Fortuin, Anrich Nortjé, Dale Steyn, Heinrich Klaasen, Temba Bavuma, Reeza Hendricks.

Meer oor:  Reeza Hendricks  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.