Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Proteas se C-19-gevalle styg, oefenstryd af
Mark Boucher, die Proteas se hoofafrigter, staan die media Donderdag op Zoom te woord. Foto: Gallo Images

Nog ’n Protea-krieketspeler is positief vir Covid-19 getoets.

Krieket Suid-Afrika (KSA) het Vrydag bekend gemaak dat dié speler positief getoets is in hul tweede ronde van toetsing.

’n Ander speler is ook vroeër vandeesweek positief getoets toe die span in ’n Kaapse hotel saamgetrek het vir hul T20- en eendagreeks teen Engeland, wat op 27 November met ’n T20-kragmeting op Nuweland begin.

Die tweede positiewe speler is ook, soos die eerste een, van die res van die span geïsoleer. Twee ander spelers, wat met die eerste positiewe speler in kontak was, is ook reeds in selfkwarantyn. Die ganse span is ook in ’n bioborrel.

Die Proteas se interne oefenwedstryd, wat vir Saterdag beplan is, is ook nou afgelas. Marco Marais en Stefan Tait, wat ná die positiewe gevalle na die span opgeroep is, sal hulle nie meer by die span aansluit nie.

“Die spanbestuur en KSA is in noue kontak met hul eweknieë van die Engelse Krieketraad (ECB) om volle deursigtigheid en die verantwoordelikste plan van aksie moontlik vir die weg vorentoe te verseker,” lui KSA se verklaring.

Meer oor:  Mark Boucher  |  Kaapstad  |  Afgelas  |  Covid-19  |  Krieket  |  Ksa  |  Bioborrel  |  Oefenstryd  |  Positief  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.