Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Proteas se wapen: Die ‘keg ball’

Wiaan Mulder het Saterdag nie net skitterend geboul nie, maar ook vir hom ’n duur uitstappie na die spanhotel se kroeg verseker.

Binne die Protea-spanomgewing is daar iets wat die spelers ’n “keg ball” noem. Tydens ’n wedstryd, wanneer die ander span kolf, sal ’n Protea-speler soms voor ’n aflewering “keg ball” roep. As daardie bal dan ’n paaltjie oplewer, moet die speler wat dit geroep het, vir elke spanmaat ’n drankie koop.

Wiaan Mulder het met ’n skitterende boulvertoning vorendag gekom op dag twee van die tweede toets teen die Windies. Foto: Gallo Images

“Ons het al ’n paar ‘keg balls’ in hierdie toets gehad,” het Mulder Saterdagaand in ligte luim gesê nadat sy puik boulvertoning van 3/1 gehelp het om die tuisspan vir 149 uit te knikker op dag twee van die tweede toets in St. Lucia. Dít nadat Suid-Afrika danksy ’n beurt van 96 deur Quinton de Kock 298 opgestapel het.

Die Windies se eerste beurt het swak begin toe Kagiso Rabada (2/24) vir Kraigg Brathwaite uitgekry het met die heel eerste aflewering van die beurt. En raai wie het net voor daardie bal “keg ball” geroep.

“Ekself het ’n ‘keg ball’ geroep met die eerste aflewering van die Windies se beurt. . . Ongelukkige ek,” skerts Mulder.

“Maar dit is goed vir die span, dit bring lekker gees. Dit wys ’n bietjie van jou X-faktor of jou instink wat inskop, as jy voel iets gaan gebeur, dan roep jy ’n ‘keg ball’. Daar was drie of vier tussen dié beurt en die vorige toets.”

Dit is lekker as jy ’n ‘keg ball’ roep en almal gaan mal omdat hulle weet hulle kry gratis drankies.
Wiaan Mulder

Nog ’n voorbeeld daarvan was toe Rabada in die eerste toets vir Jermaine Blackwood deur Rassie van der Dussen op kort dekpunt laat uitvang het. Ná die vangkans, het Van der Dussen reguit na Keshav Maharaj in die gangetjie gewys en lekker gelag. Die rede is nou duidelik – Maharaj het net voor die aflewering “keg ball” geroep.

Mulder skerts dat spelers dié uitroep maar spaarsaam gebruik.

“Ja, dis ’n duur bal! Maar dit skep lekker gees as jy op die veld is. Dit is lekker as jy ’n ‘keg ball’ roep en almal gaan mal omdat hulle weet hulle kry gratis drankies.”

En wat is die spelers se voorkeurdrankie?

“Dit hang af van speler tot speler, maar blykbaar in dié plek is daar ’n drankie genaamd ‘rum punch’ . . . maar die ouens drink nie soveel nie.”

Meer oor:  Wiaan Mulder  |  Suid-Afrika  |  Krieket  |  Windies  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.